Geverifieerde Resensie
Mossel Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mossel Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 1916 resensies.
"Baie restaurante te kies en te keur. Netjiese, skoon strate. Met speelplek vir 'n woelige 5-jarige by die punt."
"Daar is baie te doen en te sien in die Mosselbaai area. Die restaurante, veral The Sea Gypsy en La Perron Visskerm was uniek en die kos heerlik."
"Mosselbaai is altyd 'n wenner, kan nie wag tot my volgende besoek nie. Naby genoeg aan Swellendam vir 'n vinnige wegbreeknaweek, asook langer vakansies."
"Verstaan nou waarom dit so 'n gewilde area is. Pragtige dorp met vriendelike mense en so skoon."
"Daar is absoluut niks negatief aan Mosselbaai nie. Ons hou al baie lank daar vakansie gehou. Die skoonheid is besonders."
"Mosselbaai is een van Suid-Afrika se skoonste en bes-bestuurde dorpe. Dis oral sigbaar en daarom was dit vir ons 'n plesier om daar vakansie te hou."
"Lekker klimaat. Naby ander toeristebestemmings. Goeie restaurante. Dorp is veilig en skoon. Interessante winkels."
"Baie om te doen. Van die poskantoor-boom wat oor die 500 jaar oud is, Ziplines, opstap-roete na die lighuis en heerlikste koffie by verskeie koffieshops."