Verified Reviews
Mossel Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mossel Bay
Rated 4.8 out of 5 based on 1987 reviews.
"Die beste vakansiedorp. Net jammer die CBS-registrasiebestuurders is so ongeskik en sonder manier."
"Ek kan sien hoekom Mosselbaai die nommer een munisipaliteit in die land is. Een van die skoonste dorpe wat ek nog besoek het. Die strande is fantasties en die besienswaardighede iets om weer te kom besoek."
"Die lekkerste vars vis asook wegneem vis en chips-etes. Daar is soveel plekkie om te besoek, dis onmoontlik om elk te noem. Die mense is vriendelik en gewillig om met als te help."
"Mosselbaai en Hartenbos is die mooiste en skoonste omgewing. Dit voel asof jy in 'n ander land is."
"Mosselbaai is 'n lekker vakansiedorp, baie om te doen, iets vir almal."
"Dit is baie mooi. Die dorp was baie bedrywig maar dit was omdat dit skoolvakansie is. As ’n sakereisiger was dit was bietjie te besig vir my."
"Mosselbaai is my hartsplek. As jou siel rus kort is dit waarheen jy gaan. Mooiste natuur en skoonste plek in SA. Dis waarheen ek vlug as die lewe net te veel word."
"Great destination for a holiday for any person, family and kids friendly. Make sure you don't out."
"Mosselbaai se klimaat en toeganklikheid tot die res van die tuinroete en Klein Karoo is altyd 'n wenner en verseker ook die beste oornagplek op pad Kaap toe."
"Mosselbaai het sy eie bekoring en die area bied ongelooflik baie om te doen en sien. Die dorp is netjies en skoon en veilig. Al die winkels in die hoofstraat was 'n verrassing en lekker om in rond te snuffel. 'n Verskeidenheid coffee shops en restaurante ongelooflik uniek aan Mosselbaai."
"Mossel Bay has lots to explore in the town itself with great restaurants, quaint second-hand shops and beautiful galleries. There is also a lot of outdoor activities to try out ranging from diving to helicopter rides. A short drive in any direction also delivers great finds such as nice markets, restaurants and breathtaking scenery."