Verified Reviews
Mossel Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mossel Bay
Rated 4.8 out of 5 based on 1964 reviews.
"Mosselbaai is die wonderlikste plek op aarde. Netjies, skoon en die mense is baie vriendelik en behulpsaam."
"Binneseisoen moet dit vrek besig wees hier. Vir ons wat buiteseisoen gegaan het, was als 'n bonus. "
"Mosselbaai - Danabaai. Nie baie strande vir swem en op die strand kan wees."
"Fantastiese plek. Almal baie vriendelik en so behulpsaam. Ek en vroulief het toe sommer uitgekyk vir huise en besluit ons gaan 'n vakansiehuis koop en dan is ons langtermyn-beplanning om Mosselbaai toe te verhuis."
"Besienswaardighede nie goed geadverteer, bv. Edenbrouerye. Op Facebook, Google Maps maar geen naamborde Toerisme-inligting weet nie van hulle nie. Dorp baie skoon. "
"Baie sentraal geleë op die Tuinroete. Uitstekende restaurante en besienswaardighede. Pragtige, skoon dorp met die mooiste ou geboue."
"Baie restaurante te kies en te keur. Netjiese, skoon strate. Met speelplek vir 'n woelige 5-jarige by die punt."
"Daar is baie te doen en te sien in die Mosselbaai area. Die restaurante, veral The Sea Gypsy en La Perron Visskerm was uniek en die kos heerlik."
"Mosselbaai is altyd 'n wenner, kan nie wag tot my volgende besoek nie. Naby genoeg aan Swellendam vir 'n vinnige wegbreeknaweek, asook langer vakansies."
"Verstaan nou waarom dit so 'n gewilde area is. Pragtige dorp met vriendelike mense en so skoon."