Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.5 out of 5 based on 6215 reviews.
"Hulle moet meer in deels kyk om paar masjiene by die plekke te kry sodat toeriste nie met kontant hoef rond te loop nie. Meeste bestemmings wil net kontant aanvaar en dit vir my is 'n hoë risiko veral in die Covid-tydperk."
"Die vullishoop by die hek is teleurstellend en doen afbreek aan die mooi van die park. Sou dit graag toegebou wou hê om minder opvallend te maak."
"Great place for holiday. Close to the Kruger and if you're really staying for a long time, you could even visit Mozambique and Swaziland."
"Pragtige dorpie vol verrassings. Dis jammer dat soveel van die restaurante en besighede swaarkry onder die druk van Covid-19. Van ons gunstelingwinkeltjies is nie meer daar nie."
"Die paaie kort aandag en vir ’n gewone voertuig is dit byna onmoontlik om langs die rivier te ry. Die voertuie handhaaf nie die spoedgrens nie, veral in Swartwitpenspad en dit voel asof dit ’n snelweg is."
"Nader aan die Kruger kan mens nie. Wonderlik, rustig, en sielverkwikkend."
"Kort beslis 'n ordentlike slaghuis. Spar se vleis het nie goed gelyk nie."
"Dullstroom is 'n wonderlike wegbreekplek. Mooi eetplekke, koffiewinkels, ens. Met ons aankoms het die regering weer drankverbod ingestel wat die totale atmosfeer bederf het. Restaurante was leeg. Verblyf baie goed, maar dorp stil."
"Gerieflik geleë naby Komatipoort en die Krugerwildtuinn. Verskeie diere loop vry rond tussen die eenhede. Alles wat mens benodig is beskikbaar."
"Schoemanskloof is een van die mooiste dele van ons land. Kan regtig meer tyd daar spandeer."