Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.5 out of 5 based on 5990 reviews.
"Net naby genoeg aan die Wildtuin. Ook naby die Panorama roete. Winkels ook goed beskikbaar."
"Die herstel van slaggate in die strate is noodsaaklik. Verder behoort deeglik aandag gegee te word aan aanwysings in die dorp. 'n Lys van besienswaardighede behoort by die inligtingspunt beskikbaar te wees. Dit moet minstens in Afrikaans en Engels uitgegee te word."
"Ons bly gereeld in Marlothpark. Ons geniet die park. Alles is daar wat nodig is. Jy kan kies en keur tussen akkommodasie."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Ella's Self-catering Unit"Ek ken Nelspruit nie baie goed nie, het lekker verdwaal. Maar ek hou baie van al ons vriende en familie wat daar bly, so dis seker ook 'n oulike plek."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Shandon Lodge"Clean environment to be at. Actually Mpumalanga as a whole, you'll enjoy the beauty of nature."
"Hulle kan dalk bouers se werksure beperk tot Vrydagmiddag. Bouers gedurende naweke verstoor die stilte en jaag die diere weg. Party bouers bly in die huise wat hulle besig is om te bou."
"Die gehalte van die winkeltjies het vir my tot 'n mate agteruit gegaan in vergelyking met 'n paar jaar gelede. Clarens sit vir Dullstroom by vêrre ore aan wat dit aanbetref. Wat restaurante aanbetref was ons aangenaam verras. Ons het vier verskillende restaurante besoek, en die gehalte van die kos was puik, en die pryse was baie billik!"
"Net jammer die treintrok restaurant het nie die Covid-ekonomie oorleef nie, maar ons het dit geniet by The Wild Fig."
"Net hartseer dat die Treintrok restaurant nie Covid oorleef het nie. Maar die Wild Fig restaurant het ons verbaas met 'n awesome atmosfeer, en heerlike kos."
"Hazyview is 'n swak bestemming, mens voel onveilig en dit is nie 'n "lekker" plek nie. Sal nie vriende aanraai om Hazyview te besoek nie, daar is heelwat beter opsies."
"Met die reëls wat toegepas word het mens regtig stilte in die aand en is daar rus en vrede. Die winkeltjies voorsien ook al jou noodsaaklike behoeftes."