Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.5 out of 5 based on 6215 reviews.
"Pragtige dorpie waar mens onmiddellik tuis voel en maklik sal kan kom nesskop."
"Dullstroom is 'n great bestemming, die dorp is vol geprop met whiskey, bier en kaas besighede, alles maklik te vinde en daars baie om te doen in die omliggende area."
"Sabie is 'n pragtige dorpie en is sentraal geleë tussen verskeie besienswaardighede. Dis 'n ideale dorp om oor te slaap vir toeriste."
"Die droogte, watertekort en die onveiligheid van die dorp as geheel is 'n bekommernis vir iemand wat 'n besonderse boservaring beplan. Die grondpaadjies word nie instand gehou nie. 'n Gewone motor kan nie meer al langs die Krokodilrivier ry nie."
"Riool 'n probleem, paaie glad nie in goeie toestand nie. Sommige dele nie baie skoon nie - rommel."
"Daar is tonne om te doen en om elke draai is 'n pragtige uitsig. Mens sal maande hier kan besig bly om al die besienswaardighede te sien en al die aktiwiteite te doen. Meeste van die aktiwiteite is ook vriendelik op 'n mens se sak, wat genoeg speling los om te 'splurge' op die duurder aktiwiteite, soos die 'Big Swing'."
"Ons spandeer minstens een naweek per jaar daar vir die laaste 15 jaar. Vergelyk dit altyd met Clarence en 8/10 keer gaan ons terug na Dullstroom."
"Marlothpark is altyd lieflik. Ons het vreeslik baie diere gesien deur net in die park rond te ry."
"Kaapsehoop is 'n dierbare klein vakansiedorpie met pragtige natuurskoon en ons sal graag weer daar gaan kuier."
"This was our first visit to the park, and we will definitely go back in the near future. It's close to both Crocodile Bridge Gate and Malelane Gate to enter the Kruger National Park. Marloth Park has its own shops, restaurants and security to ensure an overall safe stay. We saw a whole elephant family, and waterbuck on the river bank at one of the restaurants: The Amazing Kruger View. The park is clean and well looked after. We also enjoyed the friendly community that welcomes you, and the wildlife forming part of this park makes it even more special. An absolute must for any one who loves wild life and the bush."
"Marlothpark is wonderbaarlik mooi! Soveel diere om te sien en jy hoef nie eers te soek vir hulle nie!"