Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.5 out of 5 based on 6215 reviews.
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Copper Leaf Cottage"Lekker klimaat en naby aan verskeie besienswaardighede."
"Die naaste wat jy kan kry aan 'n Wildtuin-ervaring. Die paaie kan wel bietjie aandag kry. Dit is 'n bonus dat dit so naby aan die Wildtuin se Krokodilbrughek is."
"Een van ons gunsteling plekke. Ons besoek dit jaarliks en daar is altyd iets nuuts om te doen."
"Ons was daar op Dinsdag en Woensdag - maar ongelukkig was daar net omtrent 2 eetplekke oop vir ontbyt, middag of aandete! Ons het nogtans twee maal 'n heerlike aandete by die Silver Mist Restaurant genuttig."
"Dit was ons eerste keer in Marlothpark en ons was verras. Dit was die lang rit werd. Paaie is toeganklik vir enige voertuig, maar besoekers met lae voertuie moet versigtig wees."
"Marloth Park is the perfect place to base your trip to the Kruger. There are 2 small, but well-equipped supermarkets, a gas station, several restaurants, and a couple of bottle stores - everything you would expect in a village, but most of the properties are hidden in the bushes - it's a truly unique destination."
"Daar is verskriklik baie groot slaggate op die pad tussen Hazyview en Sabie. In Sabie self is die pad baie beter. Pragtige dorpie."
"Baie mooi omgewing van ons land en verskeie dinge in die omtrek om te doen."
"Baie interessante dorpie, baie rustig en 'n lekker wegbreek van die stad, veral vir 'n oornag plek op pad na 'n ander bestemming. Die staproete tussen die rotse was baie lekker met pragtige uitsigte. Besoek gerus die perdry-plek net buite die dorp - hulle het pragtige perde en al wil jy nie perdry nie het hulle die lekkerste kos. Sal nie langer as twee aande daar kan bly nie, dit is 'n lekker dorpie maar nie veel om te doen nie. Ons het ongelukkig ook nie so baie wilde perde gesien soos wat ons gehoop het nie."
"A must stay at this lodge, a fantastic break away from the City life with surrounding areas that take ones breath away. Safe and clean with a touch of luxury. "
Mjejane Game Reserve, Mpumalanga
Ngalas Rest 101"Baie goeie bestemming en lekker naby die wildtuin. Moet egter sê dat die brug wat direk toegang tot die wildtuin verskaf 'n massiewe plus punt sou wees. Dit neem tot 2 uur om binne die wildtuin te kom wat alles verhoed kan word indien die brug oop is."
"Hierdie is 'n plek met ongelooflik baie potensiaal. Ek besoek dit al 'n geruime tyd op 'n gereelde basis en dis vir my nogal teleurstellend dat dit lyk asof die infrastruktuur baie agteruit gaan."
"Graskop is klein dorpie, maar dis baie skoon en sommer baie naby wonderlike natuur en ander besienswaardighede soos Pelgrimsrus, God's Window en vele meer. Lekker plekkie!"