Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.5 out of 5 based on 6215 reviews.
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Greenfields Cottage"Dis die laeveld, jy hou daarvan of nie, ek's 'n boorling en geniet altyd die area."
"Die Spar is wonderlik en by meeste van die plekke waar ons gekom het praat almal nog Afrikaans. Was nogal verfrissend. Daar is klein juwele in die dorpie en dis skoon. Almal is vriendelik. Paaie het net baie regmaak nodig, veral in die Hoofstraat."
"Infrastructure needs more attention and also to ensure that traffic flows freely with no congestion."
"Piet Retief was ons vorige verblyfdorpie en ons geniet dit om elke keer daar deur te reis. "
"Die besoedeling was vir ons erg, nie juis gewoond aan dit nie. Kom van besoedelvrye area af."
"Hulle kan gerus mooi, veilige voetpaadjies langs die hoofpad plaas. Daar is soveel verkeer en 'n mens sukkel om 'n babakarretjie rond te stoot. Kinderspeelplekke kan beter versorg word en veiliger gemaak word."
"'n Pragtige dorp net buite Nelspruit. Die ideale plek vir oornag omdat dit so stil en rustig is. Genoeg winkels by sentrum."
"Took a drive along the river fence. Road in very bad condition; a small car would have got stuck. No place to exit the road until the end. "
"Interessante dorp met 'n interessante geskiedenis wat baie meer bemark moet word as 'n toeristebestemming. Die twee jong mense by inligtingskantoor was baie vriendelik en behulpsaam. Die koffiewinkel by die inligtingskantoor word sterk aanbeveel. Die geologie is ongelooflik interessant en daarom 'n wêrelderfenisgebied."
"Great travel destination. Definitely a recommended place. Animals within walking distance. "
"Daar is baie deurloop van voetgangers. Dit word aanbeveel dat voertuie ordentlik gesluit word en kosbare artikels veilig gebêre word. Die wild wat mak rondloop tussen besoekers bly 'n groot trekpleister."
"Bekommerd oor die hoeveelheid winkels wat leeg staan. Bly 'n pragtige plekkie in die laeveld."