Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.5 out of 5 based on 6062 reviews.
"Lieflike area. Pragtig geleë tussen die berge. Nodige artikels kan bekom word. Die Graskop Gorge Lift was 'n belewenis - bietjie duur, maar vir my die moeite en geld werd. Die pad na die Bridal Veil-waterval en 2 ander watervalle op dieselfde pad was regtig in gehawende kondisie, slaggat op slaggat op slaggat. Eetplekke in Sabie bied goeie diens en kwaliteit kos. Kan Cafe La Boulangerie se koffie en pannekoek met melktert-vulsel aanbeveel."
"The town itself was relatively quiet for a weekend but is is still very nice to visit. The roads in the area are however riddled with potholes so one must be very attentive while driving."
"Het dit jare gelede besoek. Baie verwaarloos, spesifiek badkamers by Gods Window."
"A popular tourist destination and ideal stop-over for tourists wishing to explore the area."
"Hope oulike restaurantjies en eetplekkies. Nie veel winkels nie maar wel 'n paar curio shops asook supermark."
"Het net oorgeslaap. Kan ongelukkig nie regtig kommentaar lewer oor dorp of wat daar in die omgewing te doen en sien is."
"Die wild is baie maar ek sou graag vooraf wou weet dat van die paaie in die park nie so mooi vir normale voertuie is nie! Ons was onkant gevang op een of twee van die strate toe ons wild gaan soek/kyk het. Verder is die winkeltjies goed toegerus en is die park mooi skoon. "
"Graskop is werklik 'n pragtige dorpie! Hoewel klein is daar baie oulike winkeltjie om in rond te snuffel. Ons was verbaas om te sien hoe die munisipale werkers op 'n Sondag vullis wegry. Die strate was silwerskoon! "
"Die dorpie is netjies en skoon, voel baie veilig daar. Daar is voldoende winkeltjies vir die doel. Ons het vriendelike en goeie diens gekry, asook lekker geëet by Old Transvaal Inn, The Rose Cottage en Mayfly Restaurant. The Clock Shop was 'n belewenis om deur te stap, sal nog my horlosie daar gaan koop! Ongelukkig is daar ook van die winkeleienaars wat onvriendelik is, en deur hul optrede veroorsaak dat mens nie welkom voel nie, dus ook nie lus is om hulle te ondersteun nie."
"Ons het dit omgewing vreeslik geniet en het baie veilig gevoel. Ek sal so 'n naweek vir enige jong gesin aanbeveel. "
"Dorpie het al ons verwagtinge oorskry! Dis letterlik soos hulle sê: stresvrye area!"
"Sabie is baie na aan ons hart en het nog net mooi herinneringe daar. Dorp is mooi skoon en die restaurante puik!"
"Lieflike omgewing met so baie aktiwiteite en besienswaardighede - sommer verlief op die plek. Die potholes is effens skokkend en hier en daar kan 'n paar restaurante hul diens beslis opknap. 'n Besigheid wat moet besoek word is Kestell Adventures - fantastiese variasie van aktiwiteite en beslis 'n aanwins vir Sabie en omgewing - die beste manier om Sabie te leer ken en lief te kry is deur die oë en avonture saam met Kestell Adventures. Die roete na Horse Shoe-waterval het aandag nodig en my gunsteling Waterval bly Lone Creek Falls - bly om te sien dit word mooi opgepas."
"Dit is definitief baie mooi op teen die heuwel en ons het so 7 km daarvandaan by Jock's Pub & Grill gaan uiteet."
"Graskop as 'n dorp is geleë naby al die toeristebestemmings en dit is wat maak dat dit 'n goeie plek vir verblyf is."
"The only issue is security. We had security people on the premises around 14:00 on Sunday morning looking for intruders - an alarm system should be installed or 24 hour security on the premises. "