Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.5 out of 5 based on 6238 reviews.
"Dullstroom is so 15 min se ry van Uitvlugt Ponds, baie mooi dorpie met verskeie winkels om deur te loop. En natuurlik Harrie's pancakes."
"Vir die vlieghengelaar en moontlik gholfspeler is dit 'n gawe bestemming. Van Maandae tot Woensdae gebeur daar nie veel nie en mens moet vroegaand 'n eetplek soek, anders is als toe. Vanaf Donderdae verander dinge darem redelik. Die Highlander en Mrs Simpson is bo-gemiddelde eetplekke, wat goeie waarde vir geld bied. Die landgoedere rondom Dullstroom is baie meer indrukwekkend as Dullstroom self. Nogmaals 'n lekker wegbreek vir rustigheid!"
"Marloth Park is a great get away and the perfect spot if you are visiting Kruger, but don't want to stay in the park. It's quiet and we saw quite a bit of wildlife, including giraffes, inside Marloth. Would definitely visit again. This is my second time at Marloth Park and I love it. "
"Die ligging is naby alles wat mens graag wil sien. Jy gaan om te rus, nie om inkopies te doen nie. "
"Alles was lekker. Het ongelukkig padaanduidings verwarrend gevind. Sien nie die nut om op 'n grondpad te moet ry as jy direk van Hazyview se kant af kan kom. "
"Dullstroom is 'n great klein dorpie met vriendelike mense en goeie diens."
"Hoe heerlik om te kan rondstap tussen koedoes, kameelperde, zebras, volstruise ens. Fantastiese bestemming en ons sal weer gaan."
"Daar gebeur nie veel in Graskop nie, maar dit is die beste plek om te bly om die omliggende natuur te sien."
"Baie lekker dorpie. Ons besoek dit gereeld, want ons het tyddeel by Pine Lake Resort."
"Met so 'n pragtige deel van ons land, dink ek meer kan gedoen word vir toerisme met betrekking tot skoner badkamers en diens in restaurante, veral in Graskop self. "
"Pragtige plekkie om te besoek. Die straatsmouse val mens soms baie lastig. Kan vir ure wandel in die pragtige dorpie"
"Baie klein dorpie. Dink die omgewing is baie nice vir diegene wat sport (fietsry, hardloop etc) wil doen. Naby Dullstroom, wat 'n lekker kuierplekkie is, en dan ook naby Sabie, Hazyview vir die wat hou van natuur. "