Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Verified Reviews

Mpumalanga

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga

Rated 4.4 out of 5 based on 10162 reviews.

Dullstroom, Mpumalanga

Alm-Ü

"Heerlike kuierdorp met baie om te doen en sien."

Marloth Park, Mpumalanga

a Zaganaga Kruger Lodge

"'n Wonderlike stukkie aarde - maar die munisipaliteit kan bietjie hulle sokkies optrek. Die straatnaamborde is baie verwaarloos en party plekke is sommer net eenvoudig weg. Vullisverwydering kort ook aandag. "

Graskop, Mpumalanga

Elephant's Nest

"Dorp het baie agteruit gegaan. Daar kan baie meer moeite gedoen word met die paaie. Daar is baie slaggate. Verder skep die dorp ook 'n verwaarloosde indruk. Daar is bosse wat op sypaadjies lê wat al verbruin het. Leë erwe wat vol skroot en bosse is. Die dorp kan beslis mooier en netjieser gemaak word en al die paaie geteer word, veral die pas. Daar kom baie buitelandse toeriste en daar kan meer moeite gedoen word om die plek netjies en in 'n goeie toestand te hou. Die dorp is baie sentraal geleë om elke dag te kan uitry na besienswaardighede toe."

Marloth Park, Mpumalanga

Magani Ridge

"Marloth Park is nog altyd my wegbreekplek as die lewe te veel word. "

Marloth Park, Mpumalanga

Hornbill's Nest Tree Top chalets

"Lief Marloth en kuier gereeld daar!"

Badplaas, Mpumalanga

Mountain View Retreat

"Good place. People there are helpful. The map e-mailed to us were helpful."

Graskop, Mpumalanga

Blue Swallow Chalets

"Graskop is baie sentraal in die Laeveld geleë in die middel van die Laeveld Panorama. "

Marloth Park, Mpumalanga

Ons Boshuis

"Ons het al baie in Marloth Park vakansie gehou en het nog nooit 'n veiligheid "insident" beleef nie. Ons hoor net dat daar wel is en gereeld gebeur. Ek dink egter die sekuriteit kan beslis ingeskerp word ten opsigte van toegang. Daar loop heeltemal te veel nie-vakansiegangers en nie-inwoners vryelik rond. Dit is beslis 'n veiligheidsrisiko."

Graskop, Mpumalanga

Blyde Chalets

"Baie goeie plek om te bly en van daar die res van die pragtige wëreld te verken. (Sabie, Pelgrims, Blyderiviercanyons, Echo-grotte, God's Window. ens.) "

Dullstroom, Mpumalanga

The Highland Cottage @ Critchley

"If you need to do nothing, this is the right place. Fantastic!"

Marloth Park, Mpumalanga

Meerkatgat 3341 Seekoei Road

"Baie mooi en aangename plek. Te veel voetgangers in die dag en daarmee bedoel ek nie vakansiegangers nie, bederf die atmosfeer so ietwat."

Hazyview, Mpumalanga

The Wild Fig

"Sentraal vir baie aktiwiteite en verkenning."

Marloth Park, Mpumalanga

Doringpoort: Soetdoring 1622-B Self-catering Moddervis

"Sou graag 'n kaart van die uitleg van Marloth Park wou hê. Straatname ontbreek of is onduidelik - maak dit moeilik om plekke te vind."

Marloth Park, Mpumalanga

Manzini Chalets

"The place is beautiful and safe."

Marloth Park, Mpumalanga

Magani Ridge

"Pragtige plek, maar mens moet maar seker maak alles is gesluit as jy uitgaan."

Marloth Park, Mpumalanga

Big Tuskers Bush Camp

"Lekker rustig en baie naby die natuur. Mal daaroor."

Marloth Park, Mpumalanga

Cooksies Bushpad

"If you love the bush and wildlife this is the place to be, as Kruger National Park is on your doorstep you can easily spend the day driving around in the park. "

Marloth Park, Mpumalanga

Zeals Rise

"Marloth Park is mooi en rustig."

Marloth Park, Mpumalanga

Bateleur's Nest

"Het gevoel of ons in die wildtuin bly. Sien sommer die diere by die rivier sonder om na die wildtuin te gaan."

Marloth Park, Mpumalanga

Carolmarks

"Ons dink dis ongelooflike waarde vir geld en 'n puik basis vir allerhande dag-ekskursies na die Wildtuin, Swaziland of Maputo."

Hazyview, Mpumalanga

Hazyview Numbipark

"Hazyview is the place to be and is beautiful. "

Dullstroom, Mpumalanga

Anglers Court

"Dullstroom is 'n ideale bestemming vir reisigers van Gauteng vir 'n naweekwegbreek. "

West Acres, Mpumalanga

Gecko Self-Catering Unit - 1

"Dis naby die stad, eetplekkies en toeriste-besoekpunte. Baie sentraal geleë."

Marloth Park, Mpumalanga

Marloth Park Eland 3364

"Dis 'n heerlike vakansieplek en ons as familie het baie herinneringe daar. Dit is besig om baie uit te brei en al hoe meer huise maak dat die bos-gevoel 'n bietjie begin kwyn, maar daar is nog baie wild en die feit dat die Kruger Wildtuin direk langsaan is en mens ure lank kan sit en uitkyk oor die Krokodilrivier en lekker ver kan gaan stap, maak dit absoluut die moeite werd."

Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga

Panorama Guest Farm

"Warm genoeg in die winter vir wegbreek van die winter."

Dullstroom, Mpumalanga

Amber Lane

"Dullstroom is 'n mooi plek - kruip diep in 'n mens se hart in."

Marloth Park, Mpumalanga

Doringpoort: Lemoentjiedoring 1621 Self-catering Accommodation

"Wonderlike stukkie aarde in ons land! Sal enige tyd so 'n stukkie aarde my eie wil maak."

Graskop, Mpumalanga

El Shaddai Lodge

"Lieflike dorpie met mooi winkeltjies. Perfekte beginpunt en eindpunt vir die Panorama roete en naby geleë valle. Die Big Swing was baie spesiaals. Wees bewus daarvan dat Harries pancakes vroeër sluit. Hulle het die Dinsdag (in skoolvakansie) reeds 17:00 opgepak."

Marloth Park, Mpumalanga

Marloth Park Eland 3364

"Ons besoek Marloth Park gemiddeld 2 maal per jaar."

Dullstroom, Mpumalanga

Jock's Cottages

"Die weeksdag, hoewel dit in die vakansie was, was baie stil. Daar was net twee restaurante oop die aand wat ons kon sien. Maar dit is 'n pragtige, rustige dorpie. Baie vriendelike mense."

Page
Page 274 - Showing 8191 to 8220
World Travel Awards
Vote for us in the World Travel Awards!
Vote for us in the World Travel Awards!
vote
vote