Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.5 out of 5 based on 6178 reviews.
"Belewenis om Marlothpark te besoek vir 'n wegbreek, presies wat mens nodig het om bietjie weg te kom, die vullis by Marloth se ingang is net baie sleg op die oog, en ook met al die werkers is dit nogals "choas" by die 1ste kafee "tjila tyd", andersom is dit beslis 'n "moet-besoek-area"."
"Dis jammer dat Marlothpark so baie besoekers het wat nie daar bly nie. Maak dit baie ongerieflik."
"The road to Marloth was extremely busy with many transport trucks."
"Die dorp se strate is vol gate, en moet versigtig gery word. Mense is altyd vriendelik en behulpsaam. Omgewing is besonders mooi."
"Dit is 'n wonderlike plek, wat 'n lafenis is vir die siel. Die omgewing en diere is 'n wonderlike gesig. Die paaie is bietjie sleg en dit is beter as mens 'n 4x4 het alhoewel ons versigtig met ons gewone motor reggekom het. Die stap langs die rivier is wonderlik sowel as die uitsig oor die rivier."
"Bietjie vreemde woongebied / vakansiegebied met 'n verskeidenheid van wooneenhede, sommige oud en verwaarloos. Die ligging naby die wildtuin maak dit 'n goeie vakansiebestemming."
"Die paaie is amper onrybaar al gebruik jy 'n 4x4. Geen opknapwerk is gedoen vir die laaste 10 jaar toe ons daar was nie. Die ingang na die park stel teleur. Groot groep mense wat doelloos rondsit. Is dit die enigste area waar herwinning gedoen kan word (by die hek)."
"Dis 'n wildsreservaat, maar die mense wat daar bly hanteer dit soos 'n disco-klub. Marloth kort meer reëls en mense wat dit af dwing."
"Hulle kan meer doen om die geskiedenis en toerisme oor die kabelkar uit te brei."
"Did not enjoy how busy it was over the weekend we went, otherwise it would have been a peaceful, perfect location."
"It gets cold, and it is a wet place with mist in the morning. Be prepared with warm clothes, and a dog jersey."