Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.5 out of 5 based on 6237 reviews.
"Die park self is groot en skoon, en het nie 'n tekort aan diere om te sien nie. Baie van die paaie is nie vir elke motor nie, maar met 'n bakkie of 4x4 sal daar nie probleme wees nie. Marloth is ook naby aan Die Krugerwildtuin wat 'n pluspunt is."
"Lyden is mooi en die omliggende omgewing nog mooier. Dit was bietjie ver vir my om te ry, maar dit was die moeite werd. Ek sal graag wil gaan indien ek meer tyd het. Die dorpsmense is warm en vriendelik. Daar is baie mooi eetplekkies en dit pad is goed ten spyte van die slaggate. Ek het 'n paar plekke stil gehou en foto's geneem."
"Besides Eastern and Western Cape this is by far the best holiday destination for overseas and local travellers. Advertise more."
"Roads are in very poor condition - potholes are bad and roads are quite dark at night."
"Ons geniet Marlothpark. Hulle kan regtig aandag gee aan die pad wat teen die Wildtuin se draad afloop. Vir gewone karre is dit al onbegaanbaar."
"Wonderlike vakansiebestemming. Sal beslis weer daar gaan vakansie hou."
"If you are self-catering you need to stock up in White River. Hazyview shopping is not great."
"Die gastehuis is in Mhlatikop, 'n veilige woongebied naby die Malelane-hek van die Krugerwildtuin."
"Beautiful small town. Built for a relaxing break away from the all-Big metros and hustle. A peaceful environment with tranquil winds and serene mountains."
"Sal beslis weer besprekings in daai area doen, om die diere daar te sien rondloop."
"Mense is so vriendelik. Interessante winkeltjies. Heerlik geëet by Mayfly. "
"Pragtige dorpie, vriendelike mense, puik restaurante en winkels. "
"Regtig 'n baie lekker, rustige plek, sal beslis aanbeveel vir diegene wat lief is vir bos."
"Was nie beïndruk nie. Daar is goeie plekke, maar baie plekke se eerste indrukke lyk maar nie goed nie. Paaie in baie slegte toestand en winkels swak en duur."