Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 5990 resensies.
"Puik wegbreek van die stad se gejaag! Het vreeslik baie wild gesien, onder andere 'n jagluiperd wat 'n rooibok in 'n boom opgesleep het. Groot troppe olifante wat by die rivier kom wei en gespeel het!"
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Ella's Self-catering Unit"Nelspruit is 'n pragtige plek. Ons geniet die natuurskoon daar baie!"
"'n Wonderlike dorpie waar die straatdiere kudus, rooibokke, zebra en blouwildebeeste is. Naby geleë aan die wildtuin. Die perfekte vakansiebestemming vir almal wat lief is vir die natuur."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Be Our Guest"Dorp lyk nog goed in vergelyking met ander dorpe in die streek."
"Wonderlik, lekker! Baie goedkoper as Wildtuin en hope meer luuks!"
"Bly altyd baie lekker in Marloth. Geniet dit net so baie. Maar hulle sal moet iets doen aan hulle paaie wat op dele baie sleg is, veral in Seekoeiweg."
"Asemrowend mooi en lekker. Sal vir seker mense aanbeveel om daar te gaan ontspan."
"In Marlothpark is ligging van verblyf baie belangrik. Marlothpark is 'n goeie bestemming as verblyf om die Krugerwildtuin te besoek."
"Baie pragtige omgewing met baie om te doen. Sabie, Hazyview en Nelspruit bied so baie in die lyn van restaurante, staproetes, die Big Swing en die Zipline om maar net 'n paar te noem. Ek sal dit beslis aanbeveel."
"Park was in 'n goeie kondisie na die reën wat geval het die jaar. Wild was volop en lekker om na te kyk! Die slangebewusmaking-uitstalling by winkel was interessant vir die kinders."
"Sabie is lovely it's just that all the towns in the area (Graskop, Pilgrims rest etc.) have lost that authentic touch. Pilgrims Rest seems to becoming a spaza shop set up. But that aside Sabie, Graskop etc. still have beautiful sights to visit."
"Die Park is regtig 'n wonderlike plek om die diere van naby te sien en is' n spesiale ondervinding. Oor die Paasnaweek was dit net baie vol, besig en redelike raserig met baie verkeer. Ons kon ook nie by die Kruger Wildtuin inkom nie."
"Shame, the bad rains have badly affected the roads, and it was very bad to drive on the small roads."
"Hoop die dorp ontwyk verdere ontwikkeling in die toekoms en behou sy nostalgie en eiesoortige identiteit. Die dorp is uniek, geen teerpaaie en winkels, absoluut 'n greep uit die verlede!"