Geverifieerde Resensie
Namaqualand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Namaqualand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1074 resensies.
"Heuweltjie in die middel van die hoofstraat is pragtig met sy kokerbome. Strate is skoon."
"Baie goeie jaar vir blommekyk en die inwoners orals baie gaaf en hulpvaardig en vriendelik. Sout-van-die-aarde-mense. "
"Baie ander oorde, baie nice in verskeie dorpe, maar beslis nie Jakkalswater nie. Die plaas kort baie aandag."
"Was vreeslik verras dat mens soveel winkels in so dorpie kan kry. En die mense van die dorp is so vriendelik en behulpsaam. Baie oulike dorp."
"Die inligtingskantoor was hopeloos. 'n Ander besoeker het ons van die sneeu in Leliefontein gesê en nie die person by die inligting nie, alhoewel ons daar in was."
"Goeie eetplek (Tauren Steakhouse) en baie groot winkels het dit vir ons 'n lekker plek gemaak."
"Dit is waarskynlik een van daardie plekke wat mens net een keer besoek. Die blomme is 'n Godgegewe wonder en elke mens moet dit ervaar as dit enigsins moontlik is."
"Baie oulike plekkie, daar is tekort aan keuse van restaurante. Wimpy maak 3 uur toe."
"Ask and talk to knowledgeable locals ─ they know the area and can advise!"
"Alle fasiliteite beskikbaar en pragtige natuurskoon. Vriendelike mense."
"Die blomme was asemrowend. Ons het welkom oral gevoel. Na grendeltyd was dit regtig heerlik en almal het reis weer waardeer."
"Die blommekyk waarvoor ons daar was het voldoen aan al die negatiwiteit wat Covid veroorsaak het. Die kusdorpies word die swaarste getref."