Geverifieerde Resensie

North Coast

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in North Coast bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1789 resensies.

Sodwanabaai, Noordkus

Phumulani Lodge

"Sodwana is een van ons gunsteling plekke om vakansie by te gaan hou, die water is so mooi skoon en warm, die feit dat jy enige plek kan swem sorg vir genoeg spasie vir almal en die bosse om mens laat dit voel of jy die best of both worlds kry as jy soontoe gaan. Baie ontspannend en lekker. Doen beslis jou duikkursus as jy gaan, dis baie mooi daar onder. Maak ook 'n draai by Hluhluwe Game Reserve op 'n bewolkte dag. 'n Rhino Card is 'n MOET as jy Sodwana toe gaan - dit spaar jou baie geld. En as jy Hluhluwe Game Reserve toe gaan, maak seker jy vat dit saam anders is dit duur om in te gaan vir die dag. Die klomp karwagte is 'n pes, en maak jouself reg vir hulle om jou te storm elke keer as jy parkeer maar maak maar net vrede dat jy met dit gaan sit en wees ferm met hulle dat jy net een gaan tip. Sodra jy strand toe gaan is dit weer vergete. Die tou om by die strand uit te kom kan lank wees in besige tye maar niks te erg nie, die paar negatiewe goedjies is nie genoeg om alles wat lekker van die plek is te top nie. As jy met 'n 4x4 gaan moet mens defnitief bietjie gaan explore en 'n dag by Lake Sibaya gaan spandeer. Daar is soveel om te doen wat mens bietjie tyd in die natuur spandeer."

St. Lucia-riviermonding, Noordkus

Ingwenya Lodge

"Sal dit aanbeveel vir almal."

Eshowe, Noordkus

Chase Guest House

"Klein dorpie, alles is te koop."

St. Lucia-riviermonding, Noordkus

Oppi Rotse

"'n Lekker rustige plekkie om te gaan rus."

Shaka's Rock, Noordkus

Ocean Gorge Seafront Getaways

"Shaka's Rock bly my gunsteling. "

Sodwanabaai, Noordkus

Mseni Beach Lodge

"Great place to visit."

Shaka's Rock, Noordkus

Ocean Gorge Seafront Getaways

"Shaka's Rock is a lovely, wonderful area. We were very impressed with the shopping areas, malls, shops and beaches."

St. Lucia-riviermonding, Noordkus

Oppi Rotse

"Lieflike plantegroei. Pragtige dorpie. Net jammer van die baie mere wat nie water het nie weens droogte."

St. Lucia-riviermonding, Noordkus

Stokkiesdraai

"Ons het elke dag na Cape Vidol gery. Lekker."

St. Lucia-riviermonding, Noordkus

St Lucia Wilds

"Just asking to keep the place clean. Saw lots of rubbish lying around."

St. Lucia-riviermonding, Noordkus

Luwandla No 15

"St Lucia is 'n goeie plekkie om met jou gesin te kuier, dis net bietjie duur ."

St. Lucia-riviermonding, Noordkus

Maputaland Guest House

"It is a great place to visit - interesting and informative."

Thompsonsbaai, Noordkus

1 Marichel

"Die getypoel is pragtig en mens kan met veiligheid swem. 'n Trekpleister daar is die seelewe binne-in die poel. Die eetplekke is heerlik, asook die paar winkels wat herdenkings verkoop. "

Shaka's Rock, Noordkus

Ocean Gorge Seafront Getaways

"Shaka's Rock is regtig 'n heerlike vakansie vir gesinne met kinders. Die getypoele is 'n dag se tydverdryf vir die kinders en groot mense kan snorkel en swem."

St. Lucia-riviermonding, Noordkus

Forest Lodge

"Die beheer en KZN Wildlife kyk mooi na die plek, daar is sekuriteit orals en die dorpie is pragtig. Cape Vidal was een van die beste strande nog waarin ons geswem het, en ons was al by baie strande oor die wêreld."

St. Lucia-riviermonding, Noordkus

St.Lucia Imvubu Cottage

"St Lucia is stunning! Die dierelewe maak dit 'n baie spesiale plek. Die seekoeie loop sommer in die aande in die dorp en gras vreet. Cape Vidal het die lieflikste strand. Definitief 'n plek vir natuurliefhebbers!"

Richardsbaai, Noordkus

Gecko Inn

"Lieflike dorp. "

St. Lucia-riviermonding, Noordkus

St. Lucia Safari Lodge

"Sal definitief weer St Lucia besoek. "

St. Lucia-riviermonding, Noordkus

Annas Bed and Breakfast

"Zelf er naar toe om te kunnen zien."

Mbazwana, Noordkus

Nhlambanyathi Lodge

"Sodwana kort net 'n vulstasie en ordentlike winkels. 'n Mens wil nie altyd betaal om ietsie te gaan koop by die winkel/Spar in die park nie. Maar as jy nie baie wil doen nie en net regtig wil ontspan is dit die regte plek. Vir die tieners is dit te stil en hulle raak verveeld."

St. Lucia-riviermonding, Noordkus

Santa Lucia Guest House

"Was baie beëndruk met omgewing en ek kon mooi foto's neem - wens julle almal sterkte toe met die droogte - sal graag die omgewing weer wou besoek as dit gereën het. "

Ballito, Noordkus

Sands Beach Breaks Ballito

"Jammer oor waterbeperkings. Ons het beslis ons deel gedoen. Inkopiesentrums is naby en prakties. Was net baie besig. Mense is baie vriendelik."

Sodwanabaai, Noordkus

Dumehlezi

"Elektrisiteit is die area is baie goor en wisselvallig, gelukkig het Dumehlezi 'n groot generator wat automaties aanskakel wat dinge baie vergemaklik."

St. Lucia-riviermonding, Noordkus

Luxury Tented Village @ Urban Glamping

"Was 'n ongelooflike ervaring om die seekoeie snags in die strate te sien. "

Sodwanabaai, Noordkus

Mseni Beach Lodge

"Baie waarskuwings gekry oor hoe jou goed gesteel kan word, en dat mens nie te waardevolle goed moet saamvat nie, maar het darem nie 'n slegte ervaring gehad nie. Dit is baie mooi en baie lekker by Sodwana. Sien uit om terug te keer eendag."

Blad
Blad 58 - Wys 1711 tot 1740
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang