Geverifieerde Resensie
North West
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in North West bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 1894 resensies.
"Potchefstroom is 'n baie lekker plek, geniet dit altyd daar, atmosfeer is altyd 'n wenner. "
"Netjiese dorp/winkels/eetplekke en goeie mediese geriewe en skole. Sou dit nie kies om vakansie te hou nie, te min buite-aktiwiteite om te doen."
"Ek hou van Potchefstroom. Baie Afrikaans. Goeie diens by winkels en restaurante. Skoon. Baie geskiedenis."
"Perfect location, that's closer to all the tourist attractions around Harties!"
"Lieflike groen velde om Potch. Ongelukkig te veel strate met slaggate. Strate in dorp is maar vuil."
"Baie avontuurlustige aktiwiteite beskibaar in die area, en areas reg buite Rustenburg."
"Will only go to Klerksdorp when I have to. Town Centre in ruins and unsafe, roads are in shambles. Can't believe it's the same place I went to school at."
"Vanaf Benoni was dit so 2 ure se ry wat selfs vir 'n naweek se wegbreek geskik sou wees. Die 3 tolhekke was R16 elk wat ook billik was gegewe die duur brandstofprys. Sal volgende keer graag ander plekke op Rustenburg wil besoek as ons weer daar kamp."
"Paaie is sleg en vol slaggate. Verder is Stella 'n pragtige kleinboere-gemeenskapsdorpie"
"Dorp vuil. Oral bedelaars. Misdaad hoog. Gesien hoe vrou beroof word. Het probeer help maar die barbaar het net tussen die massas verdwyn."
"Dink nie Mafikeng is juis 'n toeristebestemming nie. Baie vriendelike mense orals waar ons gekom het."
"Paaie in Vryburg is in slegte toestand met baie slaggate, dorp self is ook nie baie skoon en netjies nie."
"Lekker naby aan Johannesburg en Pretoria vir 'n vinnige wegbreek. Baie oulike en lekker eetplekke en baie aktiwiteite in die omgewing."
"Maar slegs vir dagbesoek, dis die eerste keer wat ons oorgeslaap het in Hartbeespoort en dit was 'n nagmerrie, maar al ons ander dagbesoeke was wonderlik."
"The route must be planned properly, and travellers made aware of the condition of the roads. e.g. R104 old Rustenburg road, which is full of potholes and virtually impassable. The Toll road to Rustenburg is in very good condition."
"Dis 'n geskiedkundige dorp met baie om te sien en te doen, hoewel ons doel 'n rustige wegbreek weg van als was."