Geverifieerde Resensie
North West
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in North West bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 1894 resensies.
"Hulle was besig om die dorp se hoofstraat te herstel, hopelik stel die dorp 'n voorbeeld verander."
"Vriendelike en bedagsame stad, as ek enige geleentheid kry om na Potchefstroom te verhuis, sal ek nie twee keer dink nie."
"Potchefstroom is waar mens jou studentekinders gaan aflaai. Die dorp is nie regtig 'n toeristebestemming nie. Die dorp is verwaarloos, soos die meeste plekke en slaggate soos hierdie paaie, het ek nog nie beleef nie."
"Die pad wat deur Google Maps aangedui was, het ongelooflik baie slaggate gehad. Dit is hartseer dat ons land se paaie verval. Met ons terugkeer, het ons gemerk daar is 'n alternatiewe roete na Wilgeboom, sonder enige slaggate."
"Die strate is vuil, verwaarloos en vol slaggate. Die munisipaliteit laat werklik die inwoners in die steek. "
"A beautiful small town, hope the municipality recognizes the potential in that town and fixes it as soon as possible. It would boom with some serious developments."
"Klerksdorp is 'n groeiende, dinamiese dorp, maar die paaie kort ernstige aandag."
"Die paaie is in gehawende toestand. Baie hartseer om te sien hoe alles agteruit gaan. Maar in 'n positiewe lig, met my aankoms in Klerksdorp het ek 'n groep van ongeveer 10/12 mense gesien wat op hul eie inisiatief die paaie herstel."
"Die paaie is in 'n haglike toestand en die dorp is so te sê onbegaanbaar. Die rede vir ons besoek was ons familie wat in Klerksdorp woon, maar ek is bitter hartseer om die dorp in so toestand te sien."