Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7939 reviews.
"Undertones of racial tension and divide can still be felt in certain parts of Kakamas."
"Dis 'n pragtige dorpie waar die inwoners sommer self inspring en dinge netjies hou. Ons het lekker by die Rooi granaat middagete geniet."
"Pragtige skoon dorpie. Baie bly ons het dit uiteindelik besoek. Ver uit, maar verseker die moeite werd!"
"Fraserburg bied die ideale toerismebestemming aan diegene wat regtig die platteland wil ervaar."
"Was as kind laas daar en nou met die uitkykpunte kan mense baie nader en oor die rand van die rotse kyk. Alhoewel die rivier laag was, was dit nog steeds pragtig om te sien. Die park het ook nog goed versorg en netjies gelyk."
"Dis duidelik dat Colesberg goed versorg word. Die Plattelander is 'n aangename restaurant."
"Dit is 'n klein dorpie waar jy veilig voel so in die middel van die Karoo. Voorwaar die ideale dorpie vir oorslaap."
"Die dorp is vuil en die inwoners waarsku jou teen motordiefstal en inbrake. Nie die veiligste bestemming nie."
"Maak seker dat jy reeds jou inkopies gedoen het in 'n ander dorp as jy op 'n Sondagmiddag aankom. Slegs paar kafees oop gekry vir ys en koeldrank."
"Het eintlik 'n interessante geskiedenis en 'n mens behoort langer as 'n nag oor te bly."
"Natuurlik beleef 'n mens die verskriklike armoede en werkloosheid in die dorp en kinders wat rond beweeg in die strate op soek na voedsel."
"Bekoorlike dorpie, eerste keer dat ons daar oorslaap. Ons is gek oor die ou geboue!"
"’n Skoon dorp, stil, vriendelike mense en kry rus vir jou siel na ’n lang dag op die pad."