Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7939 reviews.
"Perfek vir ons, want dit is stil met pragtige see-tonele en stappies wat jy kan vat na verskeie ander baaie in die omtrek. Goed ook vir voëlkyk. Dop & Kreef bly een van ons gunsteling-restaurante; wat 'n uitsig! En vriendelike diens."
"Calvinia as dorp is redelik skoon met baie oudhede en mooi huise. Sal graag weer in Calvinia kuier."
"Springbok is ‘n great stad, alles is daar waarna jy soek. Die winkels is great."
"Rustigheid, oop vlaktes en waar tyd stil staan, so jy kan rus en die plattelandse natuur en ambience inneem."
"Ek het voorheen in 'n ander plek in Colesberg oorgeslaap, maar Chargo Merino oortref die vorige plek by verre!"
"Was aangenaam verras, die dorp het skoon voorgekom. Die kos by Die Plattelander was heerlik. Sal beslis weer besoek."
"Ideale oornag plek, behalwe as mens behoefte het aan stilte, dan is dit die ideale plek om te vertoef."
"Halfpadmerk vir ons Kaap toe en sal altyd daar oornag enn verseker weer by Colesview Guest House."
"Weereens 'n wonderlike plek in ons land. Elke deel van ons land het soveel bekoring en elke deel is uniek op sy manier."
"Lekker plek, met lekker mense! Port Nolloth kort net meer toeriste besienswaardighede."
"Dorp is netjies en skoon. Nie regtig tyd gehad om die dorp te verken nie, maar het veilig gevoel terwyl ons rondgestap het en 'n paar winkels besoek het. Vriendelike mense."
"Baie bly dat ou historiese huisies in gebruik en onderhou word en die ou deel nie vernietig of ontsier word met lelike moderne geboue tussenin nie. Hoop die historiese area rondom die pragtige kerk sal altyd bewaar bly. Die ou stasie gebou en skuur is ook onontginde potensiaal vir 'n kuiermark bv handewerk van plaaslike inwoners."