Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7939 reviews.
"Die dorpie is baie stil (veral oor 'n naweek), maar ek het al goeie dinge gehoor oor die Apollo Teater, alhoewel ek dit nie self besoek het nie. Met klein dorpies, doen altyd vroegtydig navorsing en maak besprekings om verseker te wees daarvan dat hulle voorberei is om jou te ontvang."
"Nie baie om te doen nie, COVID het 'n groot invloed op die restaurante gehad. Ons het baie goeie kos by Dop en kreef geëet."
"Superrustig vêr van stadsgewoel. Heerlike vis en kalamarie by Rooi Spinnekop geëet."
"Ons ry altyd net daar deur en stop nooit, dis regtig 'n plekkie om oor te slaap en net jouself weer te vind in die rustigheid."
"Gepas vir besoek aan watervalle, maar ver van hoofpad vir reisigers op pad na Springbok wat net oornag-slaapplek soek."
"Britstown begin soos meeste plattelandse dorpe agteruit gaan. Geboue is besig om vervalle te raak en daar is maar min wat die aandag trek. Tog is die mense vriendelik, en die dorpie betreklik skoon."
"Was vreeslik verras dat mens soveel winkels in so dorpie kan kry. En die mense van die dorp is so vriendelik en behulpsaam. Baie oulike dorp."
"Ons het Calvinia as dorpie geniet en was ook vir die begin van blommetyd daar. Vis in dorp baie lekker gewees."