Geverifieerde Resensie

Northern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7895 resensies.

Springbok, Noord-Kaap

Kleinplasie Guesthouse

"Beste plek om blommetoer te begin."

Colesberg, Noord-Kaap

Chrizaan Guest House

"Colesberg is 'n oorslaapdorpie in die Karoo. Nie vir my 'n plek waar ek dae sal vertoef nie. Restaurante vra maar Johannesburg-pryse, maar ek dink ook die feit dat die jaar onderstebo is, probeer almal maar om verlore geld te herwin."

Kamieskroon, Noord-Kaap

Gousblom Gastehuis

"We found Kamieskroon, a very small little town in the heart of our 'Spring Flower Trip', a lovely little place. Our walk on the Skilpad Circular Flower Route in the Namaqua National Park was breathtaking. Seeing the ground covered in the most beautiful flowers of so many different shapes and gorgeous colours, was astonishing. We had tasty meals at Murasie (on the way to the park) and Kliphuis Kombuis (in town). Both restaurants, as well as the magnificent array of flowers, are seasonal."

Calvinia, Noord-Kaap

Calvinia Guesthouse

"Calvinia is a lovely little town with beautiful architecture which the locals seem to want to honour. We found the town clean and the people friendly."

Kamieskroon, Noord-Kaap

Frances @ Kamieskroon Cosy Cottages

"Rustige klein dorpie. Heerlike ontbyt geëet by Kuiervreugde Koffiewinkel."

Hondeklipbaai, Noord-Kaap

Vori-Klip Accommodation

"Hierdie wêreld hat 'n skoonheid van sy eie. Geen malls en min WiFi. Net rustigheid vêr weg van alles."

Kamieskroon, Noord-Kaap

Frances @ Kamieskroon Cosy Cottages

"Die dorpie is pragtig en het nog die lekker Namakwalandse dorpie atmosfeer. Ongelooflik mooi. Ons het uitgery Leliefontein toe en daar was plate vol blomme op pad. Daarna het ons deurgery Garies toe op die grondpad wat 'n belewenis was. Moet verkieslik 'n bakkie hê vir die grondpad."

Kamieskroon, Noord-Kaap

Kroon Lodge

"Uitstekende ligging om blomme te kyk."

Springbok, Noord-Kaap

Arendsnest

"Heuweltjie in die middel van die hoofstraat is pragtig met sy kokerbome. Strate is skoon."

Nieuwoudtville, Noord-Kaap

Willemsrivier Trekpad Guest Houses and Wild Camping

"Nieuwoudtville is 'n pragtige rustige plattelandse dorpie met vriendelike mense en mens voel veilig daar. Daar is baie om te sien en te ervaar in die omgewing."

Port Nolloth, Noord-Kaap

The Beach House and Cottage

"Die uitstallers ens. van die naweek was 'n wonderlike verrassing. Ons het vroeër jare die asgate besoek en allerlei ou bottels opgetel, asook baie pampoenskulpies by die, ek dink, perlemoenfabriek. Wonder of dit nog bestaan. "

Kakamas, Noord-Kaap

Peaceful Garden Accommodation

"Dit was baie droog, maar die mense het oor en oor vir dit vergoed! Besoek gerus die Pienk Padstal!"

Victoria-Wes, Noord-Kaap

Moonlight Manor

"Sal enige tyd eerder hierdie pad ry Wes-Kaap toe omdat die dorpies so interessant is."

Colesberg, Noord-Kaap

Donalds Guesthouse

"Great food! Lamb the best!"

Augrabies, Noord-Kaap

SANParks Augrabies Rest Camp

"Die valle is wonderlik, maar moet net nie in die oord bly nie."

Victoria-Wes, Noord-Kaap

Kingwill's Guest House

"Die dorpie is baie stil (veral oor 'n naweek), maar ek het al goeie dinge gehoor oor die Apollo Teater, alhoewel ek dit nie self besoek het nie. Met klein dorpies, doen altyd vroegtydig navorsing en maak besprekings om verseker te wees daarvan dat hulle voorberei is om jou te ontvang."

Colesberg, Noord-Kaap

Gables Inn

"Goed geleë tussen Kaap en Gauteng."

Colesberg, Noord-Kaap

Coles Corner

"Sentraal geleë, kan sien hoekom daar so baie gastehuise is in die omgewing."

Colesberg, Noord-Kaap

Horse and Mill Guesthouse

"Goed genoeg vir een aand se oorslaap en niks meer nie."

Hondeklipbaai, Noord-Kaap

The Dogstone Cottage

"Nie baie om te doen nie, COVID het 'n groot invloed op die restaurante gehad. Ons het baie goeie kos by Dop en kreef geëet."

Hopetown, Noord-Kaap

Hopetown Accommodation

"Lekker rustige oornagplek."

Victoria-Wes, Noord-Kaap

Merino Junction

"Baie gerieflike oornagplek om lang rit te onderbreek."

Springbok, Noord-Kaap

Sperrgebiet Lodge

"Bietjie ver om heen te ry."

Hondeklipbaai, Noord-Kaap

Rooi Spinnekop Accommodation and Restaurant

"Superrustig vêr van stadsgewoel. Heerlike vis en kalamarie by Rooi Spinnekop geëet."

Blad
Blad 146 - Wys 4351 tot 4380
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang