Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7939 reviews.
"Vodacom se netwerk is baie swak deur die hele Kuruman. Ons het vreeslik gesukkel om selfoonsein te kry vir die meerderheid van die tyd wat ons daar was. Baie van die areas is onveilig, so maak seker besprekings vir akkommodasie word in veilige areas gemaak."
"Kuruman was altyd baie skoon en netjies, glad nie meer die geval nie. Pasop vir 4 rigting-stopstrate! "
"It was the first time we ever rode through Colesberg. Since I was a child we always just used it to fill the car or to have breakfast. We were quite surprised. There’s older and newer part to it. It is a quaint Karoo town. "
"Dit is 'n rustige area vir tydelike akkommodasie vir enige reisiger."
"Augrabies valle. Die plek kort aandag. Vlieë- en pesbeheer is nul. Restaurant moet liewer toemaak. Dagbesoekkostes regverdig nie wat jy kry nie."
"Oulike plekkie met vriendelike mense. Gasvry. Ons het Saterdag oggend die 7de lieflike ontbyt geniet by 'n eetplek in hoofstraat. Dankie vir dit. "
"Ek sou graag bietjie langer wou bly op die plaas om die rustigheid volkome te geniet. Volgende keer."
"Sou langer hier wou tyd spandeer om regtig 'n goeie mening te kan gee. Dit is tans bitter droog in die deel van Suid-Afrika, maar dit verstom my dat die dorpie en gemeenskap steeds planne maak en moed hou. "
"Kuruman het deesdae ‘n hoë kriminele element. Dorp is onveilig, ‘n groot jammerte want dit is so ‘n mooi deel van ons land."
"Almal is baie vriendelik, groet en vra waar kom die "uitlander" vandaan en waar gaan jy heen. Die stil omgewing bring rus vir die siel en moeë lyf. "
"Ek het net een keer in 'n gastehuis oorgeslaap wat 'n hoë standaard gehad het. Hanover skep , as 'n dorp, die indruk van 'n redelik armsalige plek met baie armoede. Maar sy ligging tussen die Kaap en Gauteng het sy voordeel wat benut kan word."
"Colesberg is die ideale dorp om oor te slaap vir reisigers wat vanaf Gauteng na die Wes-Kaap op pad is. Mooi ou geboue en genoegsame restaurantjies en koffiewinkels vir besoekers wat nie selfsorggeriewe het nie."