Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7939 reviews.
"Waarskynlik totaal onderbenut, en onderbemark! Maar dit is nie vir jou gemaksugtige reisiger, en mense wat die bling en aangeplakte vermaak, ens. soek nie! Dié plek is vir mense wat die wonder van die onopgesmukte eenvoud van die natuur verstaan en waardeer."
"As kind het ons een keer per jaar hierdeur gery. My kind was gaande oor die stil strate en my stadsvriende verstom. Die ou kerke, geboue en rustige lewe is die moeite werd om te bewonder en die skaapnek-pizza by JC's Pub die beste."
"Daar is nie veel om te doen, meer vir mense wat rus en vrede vir hulle siel soek."
"Baie rustige dorpie, maar onthou daar is geen winkels, banke ens nie. Ideaal vir rustige oornagverblyf weg van die gewoel van 'n groter dorp."
"Dit is baie ver en die pad soontoe is onrybaar sleg! Die Rooispinnekoprestaurant en Dop en Kreef-restaurant het lekker kos - alhoewel nie vars seekos nie, is die calamari combo heerlik."
"We feel very sorry for the people that live there, because poverty and no work are very obvious."
"It's a dry area considering we have just gone through winter season. The water tastes bad, better buy a litre or two from Spar across the road for tea or drinking."
"Alhoewel dit lyk soos 'n baie lekker verkendorpie is dit baie verwaarloos. Miskien in die toekoms - lyk of daar plek -lek opknappings aan die gebeur is - paaie is in 'n slegte toestand."
"Ek en suster het net oornag daar, maar 'n pragtige dorpie met alles wat enige toeris kan verlang."
"Dit was goed gewees om dit te sien, maar dink nie ons sal weer besoek nie. As oornag kom ons beter gedoen het in bv. Kimberley."