Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7916 reviews.
"Dit is 'n pragtige deel van ons land. Ek weet nie of daar baie is om te doen nie so ek weet nie of dit 'n toeristebestemming is nie, maar om daar deur te beweeg vir 'n dagreis is beslis die moeite werd."
"Goed geleë om blomme te gaan kyk. Hierdie jaar was daar geen blomme in Namakwaland nie, maar in Nieuwoudtville-omgewing was daar plek-plek blomme."
"Kamieskroon is die ideale omgewing om Namakwaland se blomme te sien, maar selfs al is daar geen blomme, soos die tyd toe ons daar was, is dit steeds 'n besonderse omgewing wat baie vir die toeris bied. "
"Unfortunately there were no flowers in the area, even though it was early spring, due to the absence of the seasonal rain. Nevertheless, this was our first trip to this area and, as such, enjoyed the (long) road trip and scenery. Maybe next time when the flowers appear we will visit again."
Mc Dougalls Bay, Northern Cape
Dis Al! Akkommodasie"Mc Dougallsbaai het ons verras, heerlik stil en veilig met pragtige rotsriwwe en na genoeg aan plekke soos Oranjeriviermond en Kleinzee, "
"I wish we had wide streets in Kempton Park like they have Carnavon. It has a museum."
"Die baby geleë Augrabiese waterval mag jy nie mis nie! En 'n handige oornagting onderweg na Kgalagadi."
"Pragtige ou dorpie, net jammer van die rommel, plastieksakkies ens. wat ons maar oral in ons mooi land sien."
"Die dorp sukkel maar soos al die dorpe in die platteland en dis sigbaar. Die dorp kom effe onversorgd voor, hoewel die strate skoon was."
"Daar is baie plekke om te besoek en baie te sien, nie net wanneer daar blomme is nie."
"Behalwe vir enkele gastehuise en plaasverblyf (soos Rondawel), lyk die res van die dorpie maar ietwat "moeg en vervalle", niks in die dorp wat my sal lok om daar in te draai nie."
"Onthou die Augrabies Watervalle, Kakamas, Riemvasmaak is nie ver vanaf Keimoes nie."