Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7895 reviews.
"Nogal interessant as mens bietjie rondry en loop om al die oudhede en geboue te besigtig."
"Egte vriendelike outydse Karoo-dorp met n bekoring soos mens net in die Karoo kan kry."
"'n Pragtige dorp tussen die koppies. Dis die moeite werd om te besoek binne sowel as buite die blommeseison. En as jy honger is, gaan vir die Tauren-restaurant. Dis is karaktervolle restaurant met 'n uitstekende spyskaart en billike pryse, en die kelners is die beste wat ek nog beleef het."
"Vanderkloof is 'n wonderlike plek om te gaan ontspan van die gejaag van die stad. Daar is genoeg om te doen. Die vriendelikheid en meelewendheid van die inwoners laat jou voel asof jy tuisgekom het."
"Vriendelike boeregemeenskap. Moeite werd om te oornag as jy op pad noorde toe is."
Mc Dougalls Bay, Northern Cape
Richtersveld Experience Lodge"As jy hou van 'n baie "relaxed" omgewing en mense, gaan gerus. Uitsig oor die baai is verrassend mooi in kontras met die landskap waardeur mens ry om daar te kom. "
"Die Noord-Kaap is maar net die beste. Dit bied jou rustigheid, gemaklikheid en dit laat jou weer mens word."
"Baie klein en stil dorpie, rustige omgewing veral na 'n lang rit deur die Tankwa !"
"Ek was aangenaam verras met De Aar en het geniet om meer van die dorp te sien."