Verified Reviews

Northern Cape

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape

Rated 4 out of 5 based on 7895 reviews.

Augrabies, Northern Cape

The Quiver Tree Guesthouse

"Het nie lank oorgebly nie, net die Waterval besoek. Augrabies Nasionale Park word goed bestuur. Restaurant is heerlik om by te eet. "

Colesberg, Northern Cape

Linda's Guest House

"Lekker oorslaapbestemming tussen Limpopo en die Kaap."

Hondeklipbaai, Northern Cape

Honne-Hemel: Oubaas

"Hondeklipbaai is nie vir die ou wat hou van 'n gewemel van mense om jou nie. Dis 'n klein kusdorpie met uiters min inkopiegeleenthede, so pak als wat jy benodig. Die mense is vriendelik en behulpsaam en daar is 'n paar restaurante vir so bietjie uiteet uit die boonste rakke. Los jou groot beursie by die huis, want mens raak maklik verlief op die plek en voor jy jou oë uitvee koop jy dalk jou eie stukkie grond daar. Dis 'n absolute moet vir enige reisiger."

Colesberg, Northern Cape

Spes Bona Guesthouse

"Colesberg het nogal karakter en bestaan nie slegs uit 'n "one stop" langs die hoofweg nie, ry in, gaan kyk, eet by Die plattelander en gesels met die mense op die dorp."

Augrabies, Northern Cape

The Quiver Tree Guesthouse

"Ons het net die Augrabies Waterval besoek. Dit was in die geheel 'n baie positiewe ervaring en redelike waarde vir geld."

Colesberg, Northern Cape

Onze Rust Guest House & Caravanpark

"Die paaie rondom Colesberg sal seker binnekort klaar wees en die hoofstraat het in my opinie heeltemal te veel informele besighede in...dit doen vir my afbreek aan die mooi dorpie wat dit eens op 'n tyd was!"

Hartswater, Northern Cape

The Venue

"Bean is die plek om te wees! Heerlikste steak wat ons nog ooit geëet het. Sal almal aanbeveel om daar 'n draai te maak."

Colesberg, Northern Cape

Linda's Guest House

"Halfweg verblyf met pragtige geboue."

Port Nolloth, Northern Cape

The Beach House and Cottage

"Karaktervolle dorp. Vol rowwe diamante. Maak gerus 'n draai by die museum en gesels met George, dit is priceless."

Calvinia, Northern Cape

Tarantula Guesthouse

"'n Pragtige dorpie wat heelwat beter in stand gehou word as die meeste ander plattelandse dorpe. Geleë in 'n pragtige omgewing."

Upington, Northern Cape

Gemütlich Guest House

"Ons ervaar die dorp meer as 'n deurgangsroete en het nie tyd spandeer in die dorp self anders as oorslaap nie."

Calvinia, Northern Cape

African Dawn B&B

"Netjiesste en skoonste dorpie wat ek in 'n lang ruk gesien het. Geluk aan die stadsvaders."

Colesberg, Northern Cape

The Barracks

"Halfpad op my reis en dus baie gerieflike plek om oor te bly."

Northern Cape

Kgalagadi Lifestyle Lodge

"Dit was ons eerste ervaring en besoek en sal dit in die toekoms weer oorweeg om langer tyd in die Noord-Kaap te spandeer."

Colesberg, Northern Cape

Nanna Rous' Town House

"Pragtige stil dorp waar mense vir 'n week kan kom rus."

Calvinia, Northern Cape

Katryns

"Die enigste eetplek wat oop was vir die aand was die by die hotel wat n gangbare maar baie duur spyskaart het."

Calvinia, Northern Cape

Rolbos Guest House

"Daar kort miskien 'n take away eet plek soos 'n KFC of iets soortgelyk."

Colesberg, Northern Cape

Brand Guesthouse

"Is gerieflik geleë. "

Colesberg, Northern Cape

Linda's Guest House

"Colesberg is 'n baie oulike dorpie in die Karoo."

Victoria West, Northern Cape

De Oude Pastorie Gastehuis

"Slaap gewoonlik net oor in Victoria-Wes. Weet nie rerig wat mens kan sê vir dit as 'n 'toersitebestemming' nie. Die skaap daar is wel altyd uit die boonste rakke! Liplek-lekker!"

Carnarvon, Northern Cape

Lord Carnarvon Guesthouse

"My man het hier groot geword en enige een sal dit 'n oulike dorp vind."

Richmond, Northern Cape

Ka Ma Lodge

"Rustige dorpie met vriendelike mense."

Colesberg, Northern Cape

Onze Rust Guest House & Caravanpark

"Colesberg het seker maar sy mooi in die niksheid om hom. Dis altyd vir my so asof die stilte mens begeester en die kilheid van die winteraande maar net nie onder mens se vel kan uitbly nie."

Vanderkloof, Northern Cape

Rhino Manor

"Thank you for your warm embrace!"

Upington, Northern Cape

Kleinbegin Olienhout Accommodation

"Alles wat jy nodig het is hier beskikbaar. Dit is 'n mooi, netjiese dorp."

Keidebees, Northern Cape

Desert Palace Hotel

"Sal enige tyd weer besoek."

Hondeklipbaai, Northern Cape

HonneHokke Resort

"Baie oulike plek, veral omdat dit baie onontwikkeld is. Daar is geen vulstasie op Hondeklipbaai nie."

Upington, Northern Cape

Kleinbegin Olienhout Accommodation

"Dit is vir my 'n goeie rusplek op pad na Potchefstroom of op pad terug na my land Namibië."

Kuruman, Northern Cape

Safari Travelodge

"Die oog is pragtig om te gaan sien, met al die visse. Die Moffat Mission was baie interessant."

Page
Page 246 - Showing 7351 to 7380
World Travel Awards
Vote for us in the World Travel Awards!
Vote for us in the World Travel Awards!
vote
vote
Search broader areas

Welcome to LekkeSlaap

Guest account already exists

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account linked to

It looks like you already have a guest account. Please log in to verify your identity before we set up your host profile.

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers