Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7918 reviews.
"Klein dorpie met baie armoede wat reisigers nodig het om weer op die been te kom. Dit is dorp wat deur die pandemie platgeslaan is maar mal oor die mense en tipiese kleindorpie nostalgie soos die kerkklokke wat nog lui."
"Baie interessante dorp met 'n ryk geskiedenis. Ons het heerlike aandete gehad by Inni Kraal - restaurant, waar ons die beste lamskenkel ooit geniet het."
"Dis 'n pragtige dorpie - ons moet hierdie plekkies koester, hulle is besig om deur die vingers te glip, ongelukkig."
"Pragtige rustige dorp. Mooiste ou geboue propvol geskiedenis Pragtige hotel met heerlike etes! Sal dit hoog aanbeveel."
"Victoria-Wes is een van die dorpe wat skoon strate het en netjies vertoon. Heerlike gesellige ete by Karoux gehad."
"Dit is 'n klein dorpie met geen restaurante in die aand, maak seker jy het alles om self kos te maak."
"'n Goeie plek en atmosfeer vir 'n deurreis! Baie stil en rustig op 'n Sondag!"
"If you are looking for a quiet getaway from the city in winter, Nieuwoudtville is a good option."
"Burger en chips was baie lekker na 'n lang dag se ry. Behalwe vir die loadshedding was dit 'n baie lekker aand."
"Ek weet nie genoeg van Colesberg om dit as 'n toerisme-aantreklikheid te kan bemark nie."
"'n Baie rustige plek. Dit was aangenaam om die rustigheid van die platteland te beleef. Definitief 'n plek om te oorweeg vir aftrede."