Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7939 reviews.
"Ons is baie lief vir die dorp en stop altyd oor op pad met vakansie. Heerlike restaurante en winkels om inkopies te doen vir die pad."
"Platteland. Stowwerige strate en rustige omgewing weg van stad se gedreun, heerlik ontspanne, dis of tyd stilstaan, beveel dit beslis aan."
"'n Interessante en oor die algemeen goed versorgde dorp. Ek dink daaraan om terug te gaan en 'n paar dae in die omgewing te spandeer."
"Het nie die dorp gaan verken nie, so ek kan nie sê wat se besighede het hulle nie. A.g.v. slegte pad op pad Orania toe, was ek uitgerus en kon rustig ry en behoorlik konsentreer om slaggate te mis."
"Baie skoon en veilige dorpie. Vriendelike inwoners. Daar is genoegsame geriewe en winkels vir oornagbenodighede."
"Port Nolloth is maar 'n gewone klein, stil kusdorpie. Lekker om bietjie te rus en familie- of gesinstyd te geniet. Solank die verblyf goed is, sal veral persone van die stede die rustigheid geniet."
"Wye strate, pragtige argitektuur en gerestoureerde geboue, heerlike eetplekkies, presies halfpad tussen Pretoria en Kaapstad. Karoo-rustigheid op sy beste."
"Don't expect more than a convenient overnight stopover, but very friendly people in general."
"Was nie regtig in Augrabies self anders as die valle nie so kan nie regtig my mening lewer nie."