Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7939 reviews.
"The restaurant we went to was very good, but I wouldn't rate Colesberg as a destination, merely a good stop over point."
"Baie mooi dorpie, ons moes maar leer as Gautengers dat die klein dorpies op Sondae laat middae nie oop restaurante en winkeltjies het nie."
"Dit is die perfekte plek om te stop op pad Kaap toe of Johannesburg toe."
"Die dorpie is 'n wonderlike plek om te stop as deel van 'n road trip. Die mense in die dorp is ongelooflik vriendelik en die natuur skoon is iets om te beleef. Ek sal definitief die calamari by die Rooi Spinnekop-restaurant aanbeveel."
"Slegs interessant vir die geskiedkundige. Min om te bied aan toeriste wat deurtrek itv snuistery / koffiewinkels. Ons was nie bewus van enige nie."
"Klein, skoon, stil en rustige dorpie met nog tipiese Karoo-boustyl huisies (stoepe teen die grondstrate en hortjies vensters.) Petrolpompe toe van Saterdagmiddag tot Maandag. Naaste dorp so 60 km en nie altyd selfoonontvangs op hierdie pad nie."
"Ons het net oornag en geen van die toeristeaantreklikhede besoek nie, maar dit blyk of daar nogal ‘n paar is om te sien."
"Colesberg is 'n bietjie aan die vuil kant. Maar dan moet ek sê, baie lekker eetplekke."
"Van die 5 restaurante waarna verwys word, kon ons net een kry wat wel oop was."
"Lekker dorpie om deur te ry. Lekker eetplekke, Vetmuis Kombuis en Richard Cafe and Rooms het baie lekker kos."
"Bedelaars oral by die Caltex-vulstasie wat dag en nag net ietsie soek om te eet. Maak dit ongemaklik. Net buite dorp is besoedel met rommel oral in die veld."
"I visited Augrabies and wine farms, other than that and besides sight seeing there isn't much else to do."
"Tragies wat daar aangegaan het, die verval, maar kan sien mense probeer om dit te maak werk."
"Dit is 'n goeie oornagplek met min anders in die dorp self. Daar is egter heelwat toeristeaantreklikhede in die omgewing."
"Sal graag vir Calvinia nog verder wou ontdek, maar ons het 'n heerlike ondervinding gehad. Besoek gerus die blou nartjie vir 'n ete."