Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7939 reviews.
"Upington het so baie om te doen, ons was net daar vir die Saterdag vir 'n troue en kon nie eers alles besoek nie. Sal definitief vir ons vriende gaan kuier om alles van Upington te kan besigtig. Oranjerivier wynkelders se wynproelokaal is 'n plek wat ons weer en weer en weer sal besoek, asook die Red Ox vir 'n heerlike ontbyt."
"Was pleasantly surprised. Kathu is modern and very clean. Looking forward to playing golf there."
"Was te kort in Richmond om te oordeel. Ek sou sê dat die huis waarin jy bly bepaal. Nie baie om te sien in Richmond nie, maar die ou tipiese Karoo-huise is baie aantreklik. Uiteraard as jy rus soek is dit die ideale plek."
"Bordeaux restaurant maak die lekkerste kos. Skaapribbetjie wat van die been afval. Sag en smaakvol. Word definitief aanbeveel. Prys ook nie te duur vir kwaliteit Karoo-skaap nie."
"It is the most beautiful part of SA, its should be a must-visit for all, such amazing landscapes, the falls are truly a wonder."
"As jy daarvan hou om ongestoord klein, plattelandse dorpies met hulle pragtige, historiese argitektuur te verken, dan sal jy beslis van Vosburg hou. Die dorpie is pragtig skoon met 'n wonderlike ou-wêreldse bekoring."
"Ek glo met die inperkings, kan ons gerus meer ons eie land se dorpies gaan besoek. Dit bring ook die ekonomie weer terug in hierdie klein dorpies."
"Het nie geweet Springbok is so 'n groot dorp nie. Was nie lank genoeg daar om die dorp te verken nie."
"As jy bietjie rustigheid weg van die res van die mal elke dag se lewe, met onbeskryflike mooi see view, en so baie plekkies om daar te gaan besoek en sien. Ek het die beste tyd in n bitter lang tyd daar gehad."
"Ons verstaan die redes waarom, maar die paaie het dringende aandag nodig."
"Gaan besoek gerus die museum op die dorp. Dis interessant om Richmond uit 'n geskiedkundige oogpunt ook te sien."
"Vriende het Xhariep aanbeveel Bo-oor Colesberg. Dalk nie die best reputasie nie, maar ek vind dit relatief aangenaam."