Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 6267 reviews.
"Wat 'n asemrowende mooi dorp! Ons was absoluut weggevoer na 'n ander era met ons besoek aan die Drostdy-museum, die Tronk, Ambagswerf en die Mayville huis. Vir 'n skamele R25 het besoekers/toeriste toegang tot al hierdie besienswaardighede. Aandete by Woodpeckers was uit die boeke (soos deur ons gasvrou, Elize voorgestel). Absoluut die besoek werd. Swellendam, ons kom weer!"
"Lieflik, gerieflik en hoogs aanbeveel as jy uit die gewoel van Hermanus self wil uitkom. Alle denkbare geriewe op jou voorstoep en 'n klipgooi van die hoof besienswaardighede van Hermanus."
"Dit was heerlik om op die strand te gaan sit en te kyk hoe die walvisse laatmiddag baljaar."
"Asemrowende klein dorpie met die vriendelikste mense. Heerlike eetplekke en veilige omgewing. Sal beslis weer besoek!"
"Nooit besef watter mooi omgewing dit is nie en wat die plek alles vir die toeris bied nie. Daar lê die mooiste wyn- en vrugteplase in die omgewing."
"It is a very peaceful and quiet place for those who want to escape from the busy noisy city life. Totally awesome."
"Baie mooi kusdorp en omliggende area, heelwat walvisse gesien, heerlike kos by The Boathouse Restaurant, skoon Spar met 'n groot verskeidenheid produkte."
"Kuier altyd baie lekker in Hermanus. Al die nodige winkels om jou reis gerieflik te maak."
"Hermanus is altyd 'n lekker bestemming vir 'n naweekwegbreek-geleentheid. As jy klein kindertjies het sal ek verseker Wonderland Cafe besoek by die Super Plants kwekery."
"Aangename verrassing. Pragtige winkeltjies met kuns en handwerk. Heerlike etes."
"Very rocky beach where we stayed, but round the bay a beautiful beach, can be very windy. Arniston a great place to visit for the beach and cave make it a day trip with a picnic."
"Dit is 'n rustige plek wat ek vir enige iemand sal aanbeveel om bietjie vakansie Te gaan hou. Die atmosfeer is wonderlik."