Verified Reviews
Panorama Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Panorama Route
Rated 4.5 out of 5 based on 1616 reviews.
"Soos menige Suid-Afrikaanse plattelandse dorpie, is Graskop bietjie verwaarloos en afgeleef, maar daar is nog genoeg netjiese fasiliteite in die dorp waar toeriste lekker kan ontspan/eet. Baie naby aan die Panorama-roete se besienswaardighede soos Pelgrimsrus en Bourke's Luck Potholes. Sal weer gaan. Nogal koud gewees op Kersdag!"
"Daar is nie veel wat aangaan in Kaapse Hoop self nie. Die restaurant daar het baie lekker kos en dit is 'n goeie oorslaapplek vir jou volgende bestemming."
"Die grootste trekpleister vir ons is die pragtige omgewing, met ongelooflike mooi uitsigte. Die dorpie is karaktervol, amper soos 'n klein weergawe van Dullstroom. Daar is lieflike staproetes en ander aktiwiteite soos perdry en skopfietse (scooters) vir die avontuurlustiges. Die Nagkantoor is 'n welbekende kroeg en daar is ook ander restaurante wat heerlike kos bedien. Beslis die moeite werd om te besoek."
"Baie mooi plek, sal weer daarheen gaan. Al die watervalle word aanbeveel, dis asemrowend. En die Woodsman vir ontbyt."
"Al die groot toeriste-attraksies is binne 'n uur se ry vanaf Graskop."
Pilgrim's Rest, Panorama Route
Mona Cottage"Pilgrims Rest is a great place for tourists and we got to learn more about mining history and we also visited a lot of museums. Overall there's so much to do in Pilgrims Rest."
"The town needs work, on the GPS it says there is a shop but when we arrived at Graskop the shops is not there but besides that, we had a great stay at Graskop."
"There's a lot to explore in Graskop. It also has special weather conditions, especially in summer. I think people must just be careful on the roads because there are potholes of all sizes and it's not easy to see them in the mist and rain which is a norm for the people of Graskop."
"The town is very small. We struggled a lot about the banks. But it is a safe town. "
"Baie lekker omgewing om in te toer. Ons was daar met motorfietse en die uitsigte was asemrowend."
"Daar is baie om te doen. Naweek is te kort. Ons het nie by perdry en Adams Calander uitgekom nie."
"Kaapsehoop is 'n baie interessante, veilige, oudwêreldse dorpie met die beroemde wildeperde wat in die dorp en omgewing rondloop. Daar is heelwat voëls en bekwame voelgidse, asook voldoende eetplekkies."