Verified Reviews
Parys
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Parys
Rated 4.4 out of 5 based on 938 reviews.
"Oulikste dorpie met soveel om te doen! Parys sal altyd 'n go-to-bestemming vir ons wees!"
"Lieflike dorpie, heerlike kos om van te kies by verskeie restaurante en hope besienswaardighede."
"Parys is 'n mooi dorp langs die Vaalrivier met volop eetplekke van stylvol tot kitskos. Die winkels van groot tot klein bied van meer moderne huisversierings tot die pragtigste oudhede. Jy kan deur die winkels drentel of 'n piekniek langs die rivier geniet. Parys is beslis 'n juweel wat almal ten minste een keer moet besoek, want vele verrassings wag op jou."
"Ek hoop hulle wen dorp van die jaar met al hulle oulike kreatiewe plekkies en gasvrye mense."
"Dit is 'n klein dorpie, maar met baie oulike winkeltjies. Daar is nie veel om te doen as jy nie drink- en kuiertipe mense is."
"Sondae-aande is dit ' n verlate donker dorp met slegs die Spur wat oop is. Na 9 in die aand is alles toe in die week. Parys se strate is vol slaggate. Nogtans 'n oulike dorp vir vinnige wegbreek met baie snuffelwinkeltjies."
"Goeie naweek-wegbreek. Die winkels is net baie duur. Sommige restaurante kan nie die hoeveelheid gaste hanteer nie, maar ons kan Peckled Pig en Plum Coffee Shop aanbeveel."
"Would be a good idea if the diners were open a bit later on Sundays. Especially for tourists who are hungry after a long trip."
"Spandeer die dag in Parys en ontdek allerhande interessante stalletjies, winkels en restaurant, die ideale wegbreek vir die wat wil wegkom uit die groot stad."
"Jul sal besprekings by klomp restaurante moet doen, so bespreek vroegtydig, maar gelukkig is daar ook 'n Spur wat werklik 'n voorbeeld is vir ander Spur's in die land."
"Mid-week is a great visit, but do know that most places close on a Monday post the weekend."
"Pragtige, interessante dorpie met lekker buitelugaktiwiteite en geskiedenis van die impak van 'n meteoriet."
"Die agteruitgang van strate/teerpaaie en algehele netheid en instandhouding van die dorp is sigbaar soos met baie van ons klein dorpies, dit is hartseer om te sien."
"Jammer dat mens nie die water kan drink nie, maar dis 'n kleinigheid in vergelyking met die pret wat ons in Parys gehad het."