Verified Reviews
Parys
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Parys
Rated 4.4 out of 5 based on 957 reviews.
"Klein toeristedorpie. Maar ongelukkig is daar maar min onderhoud aan geboue en paaie, soos oral in Suid-Afrika."
"Ons geniet Parys altyd, net jammer van die winkels maak so vroeg toe op 'n middag."
"Vir ons was Parys slegs 'n oornagplek vir ons reis terug vanaf die Krugerwildtuin na die Wes-Kaap."
"Die dorp het my baie weemoedig gemaak. Die armoede was baie duidelik in die woonareas en al die besighede wat toegemaak het as gevolg van Covid. Ek het heerlik gekoop vir die rede hoekom ons gegaan het maar dis definitief nie 'n vakansiedorp nie. 'n Week maksimum, is wat ek daar sal kan wees."
"Oulikste dorpie met soveel om te doen! Parys sal altyd 'n go-to-bestemming vir ons wees!"
"Lieflike dorpie, heerlike kos om van te kies by verskeie restaurante en hope besienswaardighede."
"Parys is 'n mooi dorp langs die Vaalrivier met volop eetplekke van stylvol tot kitskos. Die winkels van groot tot klein bied van meer moderne huisversierings tot die pragtigste oudhede. Jy kan deur die winkels drentel of 'n piekniek langs die rivier geniet. Parys is beslis 'n juweel wat almal ten minste een keer moet besoek, want vele verrassings wag op jou."
"Ek hoop hulle wen dorp van die jaar met al hulle oulike kreatiewe plekkies en gasvrye mense."
"Dit is 'n klein dorpie, maar met baie oulike winkeltjies. Daar is nie veel om te doen as jy nie drink- en kuiertipe mense is."
"Sondae-aande is dit ' n verlate donker dorp met slegs die Spur wat oop is. Na 9 in die aand is alles toe in die week. Parys se strate is vol slaggate. Nogtans 'n oulike dorp vir vinnige wegbreek met baie snuffelwinkeltjies."
"Goeie naweek-wegbreek. Die winkels is net baie duur. Sommige restaurante kan nie die hoeveelheid gaste hanteer nie, maar ons kan Peckled Pig en Plum Coffee Shop aanbeveel."
"Would be a good idea if the diners were open a bit later on Sundays. Especially for tourists who are hungry after a long trip."
"Spandeer die dag in Parys en ontdek allerhande interessante stalletjies, winkels en restaurant, die ideale wegbreek vir die wat wil wegkom uit die groot stad."