Verified Reviews
Paternoster
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Paternoster
Rated 4.6 out of 5 based on 1451 reviews.
"Baie mooi en netjiese dorpie. Dit is ideaal vir 'n stil en rustige vakansie - daar gaan nou regtig niks aan nie. Mens ontspan net heerlik op die strand, geniet die rus en vrede en eet in die restaurante. (Daar is 'n paar toeristewinkeltjies, maar hulle is seker gemik op die buitelandse toeriste, want hulle is peperduur.) Die strand is massief en die water is stil, met min branders, so dit is ideaal vir mense met klein kinders. (Die water is egter baie koud.) Hierdie is beslis my gunstelingplek op die Weskus!"
"Paternoster is my absolute gunsteling naweek blyplek. Soveel dinge om te sien en doen. 'n Naweek is meestal te kort vir my omdat ek nooit genoeg kan kry van die stilte en vrede en asemrowende see-uitsigte nie. "
"Kan nogal steurend wees as daar elke uur of so 'n man verbykom wat onwettige kreef en/of mossels probeer smous."
"Pragtige Weskusdorpie en nader aan die natuur en seelewe kan jy nie kry nie! Kan nie wag vir ons volgende besoek nie!"
"Pragtigste dorpie wat ek al ooit gesien het. Restaurante in die dorpie is ongelooflik, soveel nuwe kos ervaringe gehad in die tyd wat ons daar was."
"It’s truly home away from home and the place is so tranquil and stunning. My wife and I have decided to retire in Paternoster. "
"Not really. It's just a beautiful and peaceful place to visit after working /teaching. A good place to meet with God in the quietness of the the waves. "
"Doen net bietjie navorsing oor watter restaurant om te besoek. Van die restaurante is glad nie goed nie."
"Dit is 'n baie lekker plek om by te wees. Dit is voorwaar 'n rykmansdorp. Die eetplekkies is ook baie gerieflik. "
"We travel to Paternoster once a year. It's one of our favourite spots to visit. We will keep on returning!"
"Paternoster is 'n baie mooi vissersdorpie met wit huisies en vissersbootjies oral in die tuine."
"Outside the summer season: a collection of summer houses for hermits and for those, seeking tranquillity. No boulevard or centre, but (mostly fully booked) restaurants. Shops: many of the same. Galleries: too many were closed. Small supermarket: sells daily necessities. Paternoster: great place to stay for book lovers, without further wishes. The nearby beautiful lighthouse is manned. No ship has been stranded since 1945, so the double crew is busy brushing copper and waiting for retirement. Fascinating. "
"Not even loadshedding could spoil our weekend. Paternoster has loads of lovely restaurants, shops and activities. We loved it!"