Geverifieerde Resensie
Paternoster
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paternoster bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1702 resensies.
"Lekker eetplekke en 'n klomp plekke naby, soos Tittiesbaai ens. Die Weskus Nationale Park is ook nie ver nie. Langebaan, Saldanhabaai ens. is almal plekke wat mens binne een dag kan besoek. "
"Parternoster is 'n klein juweel. Ons was net jammer dat ons op 'n Sondag daar was, want alles was toe! Die omgewing is egter wonderlik met baie lekker plekkies om te besoek. Panty Bar op Parternoster is 'n moet. "
"Plekkie is pragtig en die ideale plekkie om te kan ontspan en net mens se vlegsels los te maak."
"Weens die droogte sal ek voorstel dat daar 'n emmer in die stort gesit word om water op te vang terwyl die geiser warm word. Die geiser vat nogal lank om op te warm."
"Ongelooflike mooi plek langs die Weskus. Wat nogal opvallend is, is dat daar geweldig baie kinders op straat loop en vir geld vra en ook goed aan jou probeer verkoop."
"Baie rustig en baie mooi. Perfek vir bietjie afskakel en lekker rus. "
"Paternoster self gaan blykbaar gebuk onder baie klein misdade (handsakke, selfone, ens. wat gesteel word), so Sandals was perfek om nie deur te loop daarmee nie."
"Verskeie geskenkwinkels 'n teleurstelling. Baie beperkte items en pryse ook te hoog vir die plaaslike toeris. Parkering in dorp 'n probleem oor so 'n langnaweek."
"Lovely town threatened by criminal elements. Lots to see and do. Pity there is no street music or live music in restaurants."
"Paternoster is pragtig, maar die dorp is onnet met vullis wat rondlê. Opgemerk daar is nie werklik vullisdromme nie. Buiten Voorstrandt en die hotel is die eetplekken lusteloos, die diens is lusteloos, die koffiewinkel het nie eens witbrood vir 'n toebroodjie nie en die items op die spyskaart is nie beskikbaar nie. Besef dit is nogal 'n moeilike situasie as jy alle etes by 'n restaurant wil geniet. Was moedeloos na ons ondervinding by Timeless. Nie voorraad nie en ons was een van twee tafels. Besef dit is buite seisoen, maar die seisoen begin oor 3 dae."
"Dis so pragtige dorpie en ons was al 'n paar keer daar. Dis net jammer van die misdaad wat nou so kop uitsteek."
"Lovely walks on the beach. Coffee shops and restaurants were very good. People were very friendly."
"Heerlike kusdorpie en 'n lekker wegbreek, jammer oor die bewustheid van diefstal in die area."