Verified Reviews
Port Owen
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Port Owen
Rated 4.5 out of 5 based on 83 reviews.
"Wonderlike gasvrye mense en, 'n pragtige omgewing. Sal vir seker teruggaan daarheen."
"Vir voëlkykers sal dit 'n baie goeie bestemming wees, maar 'n visfabriek in Laaiplek kan onaangename reuke veroorsaak wat die ondervinding minder aangenaam kan maak. Ons was gelukkig dat die wind visreuk van die fabriek weg van ons gewaai het."
"Ongelukkig was die weer onguur en kon ons nie op 'n bootrit gaan nie en was maar binnenshuis gebonde. Ons het egter oral rondgery en het lekker seekosse geniet by Paternoster."
"Voorwaarlik een van die mooiste plekke in ons land. So bly vir die geleentheid om dit te besoek. Sal beslis weer teruggaan."
"Die voordeel van Port Owen is dit bied 'n volledige pakket, is naby klomp dorpe, Langebaan 40 km ver, St Helena 20 km, Vredenburg 20 km, Paternoster 35 km, Dwarskersbos 15 km, Jacobsbaai 28 km, Saldanha 30 km, so jy kan elke dag na 'n ander kusdorp ry en alles besigtig en al die eetplekke toets."