Geverifieerde Resensie
Pretoria
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Pretoria bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1274 resensies.
"Ons sal nie Brooklyn as 'n toerisme-attraksie reken nie, maar Brooklyn Mall 'n heerlike winkelsentrum met heerlike eetplekke."
"Puik "golf estate" met baie goeie sekuriteit en 'n pragtige gholfbaan en klubhuis. Die atmosfeer is kosbaar en rustig. "
"'n Baie mooi omgewing, rustig, naby ons kinders en familie, aan die sonkant van die Soutpansberg!"
"Pretoria-Oos is goed geleë en jy kan enige rigting ingaan van daar af."
"Die omgewing is dalk nie vir 'n gesinsvakansie nie, maar eerder vir besigheid of as 'n sentrale baken om na ander besienswaardighede uit te ry. Vir ons was dit lekker naby Cullinan, Bronkhorstspruit en 'n paar monumente."
"Naby alle winkels en die Unitas-hospitaal waarheen ek my ouers moes neem."
"Goed geleë vir Afrikaans is Groot se konserte of geleenthede by Moreletapark Gemeente."
"Ek ken nie die area nie. Al wat ek kan se dit is 'n pragtige, rustige buurt."