Verified Reviews
Prince Albert
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Prince Albert
Rated 4.7 out of 5 based on 1060 reviews.
"'n Verskriklike interessante en heerlike plek om te kuier en te ontspan."
"Persoonlike smaak bepaal of 'n persoon Prince Albert as 'n toerismebestemming sal beskou of ervaar. "
"Well worth a few days visit! We’d like to spend more time there. We particularly enjoyed the products from the local dairy!"
" Prince Albert is 'n rustige dorpie met baie vriendelike mense, die dorpie is mooi skoon. Onse Rust sal ek beslis weer boek, vriendelike personeel en behulpsaam."
"Een van die mooiste dorpies waarby nog oornag het. Die Bush Pub is veral baie outentieke en lekker."
"'n Interessante, skoon, netjiese dorpie. 'n Voorbeeld van wat die Suid-Afrikaanse platteland kan wees. "
"A quaint little town surrounded by scenic nature, enjoyable even in the -1ºC cold of July. Experienced a bit of snow on Swartberg Pass for the first time. Definitely a great place to explore if you enjoy a slower pace and exploring nature on foot, mountain bike or motorbike."
"Besoek al die restaurante en winkels en ondervind die Prins Albert dit trap diep spore in jou hart."
"Dis jammer die besigheidsure, selfs oor 'n naweek vir 'n meestal toeristebestemming, is vreeslik beperk. Sal volgende keer eerder in die week gaan."
"Het die lekker gesellige markie besoek waar ons vars plaasprodukte kon bekom, asook geselsies kon aanknoop met plaaslike inwoners. Was 'n belewenis. Ook lekker winkeltjies om te besoek. "
"Ongelooflike rustige Karoo-dorpie. Ons sal dit vir enige iemand aanbeveel. En die aandete in die Swartberg Hotel sal ons nog lank onthou! Fantastiese diens en lekker kos."
"Pragtige dorpie met vriendelike mense en 'n heerlike plattelandse gees."
"Kookkursusse by The Real Food Company die moeite werd. Die Gin Bar ook 'n besoek werd. Die spookstoriewandeling was ook interessant. Guy se melkstal vir kase en joghurt. Museum vir self gestookte witblits."
"Daar was padwerke in die dorp wat dit bietjie moeilik gemaak het om rond te beweeg, maar ek glo as dit klaar is sal dit baie beter wees."