Geverifieerde Resensie
Saldanha Bay Local Municipality
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Saldanha Bay Local Municipality bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 491 resensies.
"Baie mooi skoon en netjies in die dorp, alles bymekaar, restaurante uitstekend, waarde vir geld en goeie etes."
"Jacobsbaai is 'n wonderlike dorpie met wonderlike mense. Ons het so lief geraak vir die dorpie in die twee dae wat ons daar was dat ons eintlik oorweeg het om eendag lank in die toekoms daar af te tree."
"Saldanha Bay Municipality tries very hard under tough circumstances. It is a beautiful spot."
"Die area is pragtig. Ons het deur die natuurreservaat gery na Kraalbaai en preekstoel. Dis ongelooflik mooi met piekniek en braaiplek - die mooiste in die land."
"Clean beaches and clean overall, well done Saldanha Bay Local Municipality. "
"Dit lyk my die algemene toeristeverblyfstandaard in Saldanhabaai laat veel te wense oor en is glad nie in pas met die netheid en gemak van ander soortgelyke instellings met dieselfde gradering in ander dele van die provinsie nie. Die munisipaliteit sowel as die gastehuisbedryf moet bietjie meer moeite doen om die toeris nie uit te byt omdat die Saldanhabaai-strandmeer 'n unieke bestemming is nie. So word die toerisme definitief nie uitgebou nie. Die klein detail dingetjies laat soms veel te wense oor, wat 'n indruk van traak-my-nie-agtigheid skep en moontlik daadwerklik so is."
"Die dorp is baie skoon en daar is genoeg winkels indien jy iets sou nodig kry."
"Saldanha as dorp, het oor dekades werklik verswak (die dorp is vuil en half voltooide ontwikkelings/afgebreekte geboue, spreek hiervan) en mens kry die gevoel dat die plaaslike owerheid eerder kapitaal ens. in die naburige Langebaan spandeer."