Pick your preferred language

English

Afrikaans

Geverifieerde Resensie

Sarah Baartman District

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sarah Baartman District bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 3550 resensies.

Gqeberha (Port Elizabeth), Sarah Baartman-distrik

Tyday Accommodation

"'n Mooi en skoon stad met baie eetplekke en inkopiewinkels. Die wind is net baie erg! Ons het die wildtuin baie geniet! (Die toegang is baie duurder as die Kruger Wildtuin.)"

Wavecrest, Sarah Baartman-distrik

At the Beach

"Landelike dorpie gevoel met wonderlike eetplekke en winkels net in die pad af."

Jeffreysbaai, Sarah Baartman-distrik

Nine on Uys Street

"Seker dat toeriste dit sal geniet. Ons het vir 'n familietroue gekuier en nie regtig die plek besoek nie."

Jeffreysbaai, Sarah Baartman-distrik

Dolphin View Guesthouse

"Pragtige dorp en vakansieplek, maar die strate is in 'n bedenklike toestand!"

Bluewater Bay, Sarah Baartman-distrik

Bluewater Beach House

"Sal graag 'n eetplekkie vir ontbyt en aandete in die omgewing wil sien. Bluewater Bay is rustig en stil, mens wil nie altyd stad toe ry vir ontspanning na-ure nie. Indien 'n persoon werk wil jy ook nie na-ure staan en 'n maaltyd voorberei nie, Spar het ook nie alles nie. Ons was ook nie alleen nie, daar was nog sewe ander gesinne saam in die omgewing vir die naweek."

Sarah Baartman-distrik

Olivewoods B&B

"Graaff-Reinet en Somerset-Wes is baie mooi historiese dorpe met pragtige argitektuur."

Port Alfred, Sarah Baartman-distrik

The Beach House

"Baie oulike dorp met als wat mens kan aan kan dink om te doen en goeie winkels as jy iets nodig het."

Greater Addo, Sarah Baartman-distrik

Avoca River Cabins

"Ideaal vir 'n besoek van 2 dae."

Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik

Allemann se Huisie

"Nieu-Bethesda is een van daardie moet besoek plekke. Dit het 'n ou wêreldse bekoring met lekker kuier en eetplekkies. Daar is 'n rustigheid in die dorpie met sy stofpaaijies. Almal is vriendelik en behulpsaam en maak die besoek soveel meer aangenaam. Wees bewus: daar is geen brandstof, OTM's of kaartmasjiene op die dorpie nie, alles streng kontant."

Humewood, Sarah Baartman-distrik

Aqua Marine Guest House

"Ideaal geleë vir vinnige bereik van die universiteit. "

Seaview, Sarah Baartman-distrik

Jessie's Place

"Dis 'n pragtige plekkie (ek het jare terug daar gebly) met heelwat restaurantjies en eetplekke met heerlike kos en goedkoop. 'n Groot Spar, ens. en net 60 km vanaf Jeffreysbaai en 20 km vanaf PE. Vriendelike mense."

Gqeberha (Port Elizabeth), Sarah Baartman-distrik

Colleen Glen Self-catering Cottage

"Genuine nice experience overall. Friendly people, very helpful - we missed a few turns but the people were willing to assist."

Somerstrand, Sarah Baartman-distrik

Alcyone

"Netjies en skoon plek. Wonderlike strand."

Mill Park, Sarah Baartman-distrik

Bibury Cottage

"It is conveniently, centrally situated and a beautiful leafy suburban area."

Gqeberha (Port Elizabeth), Sarah Baartman-distrik

Glenelg Road Guest House

"PE seems to have got its act together in terms of general cleanliness of the city which was immediately noticeable. It has everything that one expects of a city of this size including clean and attractive beaches."

Kenton-on-Sea, Sarah Baartman-distrik

The House Quarters

"Onverwags beïndruk deur die dorpie!"

Bluewater Bay, Sarah Baartman-distrik

Bluewater Reservations

"Mooi omgewing. Vriendelike ontvangs. Sal eendag weer daar oorslaap."

Walmer, Sarah Baartman-distrik

Hacklewood Hill Country House

"Baie sentraal en maklik om by die see te kom. Winkelsentrum is ook binne 2-3 minute van gastehuis. Luggage ook naby."

Greater Addo, Sarah Baartman-distrik

Avoca River Cabins

"Sondagsriviervallei het my baie beïndruk en laat mens wonder hoe het dit in die ou jare gelyk."

Jeffreysbaai, Sarah Baartman-distrik

Hancke Holiday Apartments

"Jeffrey's Bay is a fantastic destination for a midweek break."

Steytlerville, Sarah Baartman-distrik

Steytlerville Villa Guest House

"Pragtige dorpie. Ons hou daarvan dat baie huisies al gerestoureer is. Dorpie baie netjies. Motormuseum 'n moet sien."

Somerstrand, Sarah Baartman-distrik

Sharwood Place

"Die casino is pragtig. Die restaurante met die see uitsigte is ook n moet om te besoek."

Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik

Outsiders B&B

"Regtig die moeite werd om van die hoofpad af te draai en te sien hoe 'n dorpie lyk waar die tyd gaan stilstaan het."

Patensie, Sarah Baartman-distrik

Ripple Hill Hotel

"Baie klein en rustige dorpie. Sal enige tyd weer Patensie besoek."

Patensie, Sarah Baartman-distrik

Ripple Hill Hotel

"Patensie is 'n klein plaasdorpie met 'n lekker en rustige atmosfeer. Perfek vir 'n kort wegbreek uit die stad. "

Blad
Blad 102 - Wys 3031 tot 3060
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang