Geverifieerde Resensie

Sarah Baartman District

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sarah Baartman District bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 3412 resensies.

Patensie, Sarah Baartman-distrik

Ripple Hill Hotel

"Gaan besoek die padstal so 5km buite Patensie genaamd Padlangs as jy van lekker kos hou."

Jeffreysbaai, Sarah Baartman-distrik

Sea Whisper Guest House

"Strate vol slaggate. Nee wat, die wind waai te veel."

Ferreira Town, Sarah Baartman-distrik

Waterkant 2

"Baie mooi skoon plek en die lekkerste eetplekke."

Bluewater Bay, Sarah Baartman-distrik

Waters Edge

"Bluewater Bay is uitstekend geleë, maklik om in die stad en op die omliggende strande uit te kom. Daar is alles - 'n groot Spar en inkopiesentrum met alles wat ons nodig gehad het en gemaklik om by uit te kom. Dis ideaal vir mense wat graag draf, fietsry of kano ry. Daar is beskerming vir die natuur ook en ons het daagliks 'n besoek van 'n rob gehad. Bluewater Bay, julle rock!"

Gqeberha (Port Elizabeth), Sarah Baartman-distrik

Pebbles Beach Cottage

"PE bied baie om te doen, bemarking mag dalk nog aandag kort. Die mense is vriendelik en behulpsaam, toerisme na die gebied gaan toeneem."

Somerstrand, Sarah Baartman-distrik

Onse Khaya Lodging and Conferencing

"Easy to find your way around, pretty neighbourhood with nice open areas, safe places to walk and lots of fun things to do and places to visit."

Greater Addo, Sarah Baartman-distrik

Happy Lands Farmstay

"Het nie tyd gehad om te verken nie, sal wel weer teruggaan daarheen."

Marina Martinique, Sarah Baartman-distrik

Milkwood 218

"Dis nie in Jeffreysbaai nie en jy moet deur 'n informele nedersetting soontoe ry."

Somerstrand, Sarah Baartman-distrik

Hobie Beach Guest House

"Ons kon heel veilig saans in die strate stap."

Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik

Outsiders B&B

"Ek het my hart op Nieu-Bethesda verloor! Dit is 'n pragtige Karoodorpie met vriendelike mense en is so rustig. Dit was lekker om vroegoggend 'n hoenderhaan te hoor kraai en saans kon ons nog veilig in die strate rondloop. Die Uilhuis en Helen Martins se hartseer verhaal was een van my hoogtepunte met ons besoek daar. Ek gaan beslis weer hierdie spesiale dorp besoek in die toekoms."

Patensie, Sarah Baartman-distrik

Ripple Hill Hotel

"Dit was vir ons 'n pragtige vallei met gawe mense wat baie hulpvaardig was, veral hulle by die tolbos."

Greater Addo, Sarah Baartman-distrik

Avoca River Cabins

"Fantasties, dit is die beste vakansie ook wat ek gehad het."

Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik

Outsiders B&B

"Nieu-Bethesda bied baie meer as net die uilhuis. Dit is 'n pragtige dorpie om te besoek met puik verblyf en lekker eetplekke, maar ook baie rustig om net die natuur te geniet en te ontspan. Dit was ons tweede besoek, en ons sal verseker weer terugkeer."

Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik

The Water Tower

"The Owl House, Fossil Centre, Church and graveyard make the visit really worthwhile. Be prepared to pay city prices for most foods/beverages. The friendly bookshop is well stocked. The local crafters make good products and each tourist should support them"

Seaview, Sarah Baartman-distrik

Jessie's Place

"As jy Port Elizabeth toe wil gaan, maar nie in die besige stad wil wees nie, dan sal ek definitief aanbeveel om in Seaview te bly. Dit is baie rustig en stil."

Makhanda (Grahamstad), Sarah Baartman-distrik

Bartholomew's Loft

"An amazing town - clean and well preserved. The community takes pride in the heritage."

Makhanda (Grahamstad), Sarah Baartman-distrik

Jenny's Guest House

"Jy sal 2 dae of so daar moet spandeer om die museums en geskiedkundige plekke te besoek."

Seaview, Sarah Baartman-distrik

Jessie's Place

"Seaview is 'n klein, baie rustige dorpie langs die see, met toegang tot die basiese benodigdhede. Goeie verblyf vir hengelaars, baie om te sien, naby genoeg (15km) aan Port Elizabeth, en ver genoeg om die stad se bedrywighede te ontduik."

Ferreira Town, Sarah Baartman-distrik

Supertubes Guesthouse

"Amazing vakansie bestemming! Een na aan ons harte. "

Kabeljous, Sarah Baartman-distrik

28Kabeljauws

"Baie vriendelike diens. Pragtig skoon en heerlik daar gebly. Fantasties gewees!"

Steytlerville, Sarah Baartman-distrik

The Royal Steytlerville

"Mense is baie vriendelik. Geen bedelaars wat ons gepla het nie. Dorpie is baie skoon en rustige area."

Gqeberha (Port Elizabeth), Sarah Baartman-distrik

Angels Rest

"The main beach is overrated. Bay West Mall is great. Green Acres Mall is older but will have anything Bay West doesn't have. The Game Drive is nice (even on a rainy day in a 2x4 ). Find a good Beach and its heaven."

Bluewater Bay, Sarah Baartman-distrik

Bluewater Reservations

"Pragtige area en die strande baie mooi. Die kinders was baie opgewonde oor die pragtige skulpe!"

Patensie, Sarah Baartman-distrik

Ripple Hill Hotel

"Pragtige dorp. Ek was gelukkig om gedurende sitrusseisoen te kuier - dit is 'n ongelooflike mooi gesig om deur die pragtige Gamtoosvallei die dorp binne te ry en al die (duisende) sitrusvrugte (gereed om te pluk) te sien hang aan die bome. Tolbospadstal kan vergelyk word met die beste. "

Bluewater Bay, Sarah Baartman-distrik

Bluewater Reservations

"Dit is 'n lieflike omgewing! Dis rustig met heelwat strande in die onmiddellike omgewing. Die klein winkelsentrum bied meer as genoeg vir wat mens benodig, met wegneemetes ook beskikbaar. Ongelukkig is daar geen restaurante in die omgewing nie. Ver genoeg uit die stad, maar baie naby daaraan. Verkeer is baie rustig, selfs vroegoggend. Indien mens van jou eie geselskap hou, is Bluewater Bay die antwoord."

Colchester, Sarah Baartman-distrik

Sundays Mouth Guesthouse

"Naby PE, teenaan die Addo park. Ons het net te min tyd gehad om alles te doen, sou graag die duine wou aandurf."

Blad
Blad 105 - Wys 3121 tot 3150
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang