Geverifieerde Resensie
Sarah Baartman District
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sarah Baartman District bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 3550 resensies.
Somerstrand, Sarah Baartman-distrik
At Home Lodge"Enige mense wat hou van kuier se droom. Ons plaasjapies kry 'n bietjie swaar."
Makhanda (Grahamstad), Sarah Baartman-distrik
Bartholomew's Loft"Net jammer die Camera Obscura was stukkend en die katedraal was toe."
Gqeberha (Port Elizabeth), Sarah Baartman-distrik
Pebbles Beach Cottage"Vriendelike mense, doen baie vir toeriste oor Desember, billike pryse en dit is 'n baie lekker plek."
Somerstrand, Sarah Baartman-distrik
Beachwalk Bed and Breakfast"Ek sal graag Somerstrand wil ervaar in nie so 'n besige tyd nie."
Joubertina, Sarah Baartman-distrik
Mount Africa"Ons verkies stiller agterpaaie en die minder gewilde bestemmings. Pragtige natuurskoon."
Aberdeen, Sarah Baartman-distrik
Pagel House B&B"Dit bly 'n stil plek wat goed is vir 'n reisiger wat plek soek om te rus. "
Bluewater Bay, Sarah Baartman-distrik
Coega Lodge"Top area especially if near the river mouth end. "
Joubertina, Sarah Baartman-distrik
@ R62 Langklip Estate Game Farm"Ons was nou nie baie in die dorp self nie, maar dit is 'n pragtige plek."
Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik
Outsiders B&B"Die rede waarom ons by Nieu-Bethesda aangegaan het,was hoofsaaklik die Uilhuis (Helen Martens). Ons het die Uilhuis baie interessant gevind en was verras deur die res van die dorpie en sy mense. "
Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik
Doornberg Guest Farm"Die fossiele wat daar gevind word is interessant, en uiteindelik het ons ook die uilhuis gesien."
Somerset-Oos (KwaNojoli), Sarah Baartman-distrik
Glen Avon Farm"There is a lot in Somerset East and this is a rural town steeped in history. However, with the current municipal management, as is the case in many others in the Eastern Cape, the town is not clean and the roads in the town leaves much to desire. Somerset East, you have what a lot of towns would wish for, get it in shape and be proud of the history and use it to the town's benefit. You have Battis, Piet Retief and many more, use it to be on the map!"
Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik
The Ibis Lounge"Nieu-Bethesda het baie meer potensiaal. Die bierbrouery was teleurstellend, want dit was baie onnetjies. Die Uilhuis was baie interessant, maar 'n mens sal graag meer oor die inhoud van die huis waar Helen gewoon het wil weet."
Bluewater Bay, Sarah Baartman-distrik
Bluewater Guest House"Naby die groot plekke, maar ek het lekker daar gekuier."
Greater Addo, Sarah Baartman-distrik
Avoca River Cabins"Die Olifantpark maak die area en dit moet besoek word."
Humewood, Sarah Baartman-distrik
Aqua Marine Guest House"The place to be for a peaceful holiday destination."
Jeffreysbaai, Sarah Baartman-distrik
Aquarius B&B"Vir 'n eerste besoek, sal ek definitief weer gaan. Daar is steeds dieselfde atmosfeer wat die blommekinders van weleer aangegryp het. Ek kan verstaan hoekom hulle na so 'n stukkie paradys in ons land sou ontglip het. "
Port Alfred, Sarah Baartman-distrik
Sheilan House"Beautiful town with a lot of outdoor activities. Adrenalin sea cruise is a must! "
Oesterbaai, Sarah Baartman-distrik
Oyster Bay Inn"Die groot sandduine is 'n belewenis en die kinders kan daar baljaar met 'n glyplank. Lieflike omgewing."
Kirkwood, Sarah Baartman-distrik
Kronenhoff"Kirkwood self was op die oggend van 24ste Desember bitter vuil met papier en vullis wat oral langs die strate gelê het. Die "dorpsvaders" kan maar gerus die saak oplos! Daar is heelwat winkels en banke wat 'n mens sou wou sien. Die petroljoggies by die Engen-vulstasie was verskriklik vriendelik en baie akkuraat. Die Spar is egter heelwat duurder as waaraan ons gewoond is by ander Spar-takke. "
Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik
The Ibis Lounge"Nieu-Bethesda is een van daardie plekke op jou "bucketlist". Gaan verken die omgewing, koop 'n uil, drink 'n draught en eet 'n skaaptjoppie. Dis 'n klein stukkie hemel so tussen al stof deur!"
Aberdeen, Sarah Baartman-distrik
Aberdeen Self-Catering"Aberdeen het ons lekker verras. Dit is 'n mooi skoon dorpie met die mooiste kerk in die middel van die dorp. Die mense is vriendelik en het ons sommer gou tuis laat voel. Ek sal beslis terugkeer om meer van Aberdeen te verken."
Somerstrand, Sarah Baartman-distrik
Hobie Beach Guest House"Heerlik naby die see met klomp lekker dinge om te doen. Binne loopafstand vanaf goeie restaurante en eetplekke. Baie veilige en skoon strand."
Nieu-Bethesda, Sarah Baartman-distrik
Elke's Guesthouse"Fantastiese wegbreek van die stadslewe. Wonderlike natuurskoon. Baie om te doen. Fantastiese kos. Vriendelike mense. Baie veilig. Ons kon laat in die aand met ons honde gaan stap sonder om oor ons skouer te loer. Dit kan ons nie in Pretoria doen nie. Die leivoor is op plekke baie diep en onbedek. Ons hond het een aand laat vir 'n bakkie en sleepwaentjie (van Gauteng!) geskrik wat vinnig om die draai gekom het en het toe in die leivoor geval. Die voor is meer as 6 voet diep. Die polisie was ongelooflik vinnig op die toneel om te help. Miskien sal dit veiliger wees indien die leivoor bedek word waar dit so diep is."