Verified Reviews
South Coast Whale Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in South Coast Whale Route
Rated 4.6 out of 5 based on 1116 reviews.
De Kelders, South Coast Whale Route
Amazing Grace B&B"Baie mooi en rustige plek. Gansbaai is net 'n klipgooi verder as jy voel dat dit 'n bietjie te stil in De Kelders is. "
Kleinmond, South Coast Whale Route
Lekkerus"Kleinmond is die mooiste seedorpie, rustig, baie sentraal en het alles wat jy kan nodig kry."
De Kelders, South Coast Whale Route
Amazing Grace B&B"Absoluut pragtig en die walvisse gee gereeld 'n vertoning in die baai. Voëlkykers sal dit ook baie geniet."
Kleinbaai, South Coast Whale Route
Great White Accommodation"Kleinbaai is 'n wonderlike stil geleë plekkie teen die kus by die hawe. Mense is vriendelik en laat mens beslis welkom voel."
Betty's Bay, South Coast Whale Route
Cyara"Bettiesbaai en omgewing, 'n snoesige plekkie waar daar liefde en vrede in die lug hang en waar die seemeeue en die see en hul mense jou gasvry, vriendelik en hartlik ontvang."
Sand Bay, South Coast Whale Route
Shore's Edge Luxury Ocean Front Home"Die area voel baie veilig en dit is heerlik om langs die see te stap."
Onrus, South Coast Whale Route
Strandloper Self Catering Units"Aangenaam verras oor die mooi woonbuurt. Maklike toegang tot die see/stapgeleentheid, restaurante, winkels, ens."
Kleinmond, South Coast Whale Route
Lekkerus"Dorpie het mooi ontwikkel na 'n fantastiese familiebestemming."
Sandbaai , South Coast Whale Route
Sandbaai Strandhuis"Uitstekende area. Baie rustig en die mense is baie vriendelik."
Franskraal, South Coast Whale Route
Ons Kraal Holidays"I love Franskraal/Gansbaai. I always going back!"
Franskraal, South Coast Whale Route
Perriwinkle Self-catering Accommodation"Franskraal is 'n baie rustige en netjiese bestemming, weg van die stede se gewoel. Die mense is baie vriendelik. Ongelukkig was die weer bietjie koud op die tyd wat ons daar aangekom het, maar daaroor het niemand beheer nie. "
Vermont, South Coast Whale Route
Beach Cottage 2"Vermont is far enough outside of Hermanus that you don’t feel like you’re in a town, and close enough to get to everything quickly. The beaches are more rocky with grey pathways to walk and benches to sit on. If you want a beach for youngsters, Onrusrivier is 5 minutes away. "
Onrus, South Coast Whale Route
Strandloper Self Catering Units"Onrus is pragtige dorpie as jy lus is vir rustig wees en uit besige stad wil kom. Die Wynroete ook 'n goeie idee om te besigtig. En Hermanuspietersfontein is lekker om te besoek en is op 'n Saterdag oop."
Vermont, South Coast Whale Route
Beach Cottage 1"Ideaal vir iemand wat die natuur wil geniet. 'n Bietjie vêr van winkels af, maar dit is nie noodwendig negatief nie."
Sandbaai , South Coast Whale Route
Sandbaai Country House"Die ligging is ideal vir verkenning van omliggende plekkies terwyl dit tog ook bietjie rustigheid bied. "
Kleinmond, South Coast Whale Route
Lekkerus"Ek dink Kleinmond is 'n rustige dorpie waarvandaan mens lekker kan uitry. Die omgewing bied toegang tot lieflike aktiwiteite en agterpaaie soos gholfbane, wynplase en padstalle. Ek sal byvoorbeeld eerder op Kleinmond gaan oorbly as Hermanus en Kleinmond as 'n sentrale uitrypunt gebruik. Ons het lekker gebly, die Spar is uitstekend toegerus en hier is baie om te doen. Die hoofstraat was heel naweek lekker stil. Saans kon ek op die stoep sit en vir die see luister. Dit is lieflik! "