Geverifieerde Resensie
South Coast Whale Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in South Coast Whale Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1116 resensies.
De Kelders, Suidkus Walvisroete
La Petite Baleine Seaside Villa"Ons het baie lekker geëet by Rosemary & Thyme. Kan dit beslis aanbeveel. Coffee on the Rocks het heerlike koffie gehad en baie mooi uitsigte saam met ons ontbyt."
Kleinbaai, Suidkus Walvisroete
Kormorant Apartment"Baie lekker vir visvang. Strand is ook mooi. Lighuis is 'n moet."
Kleinbaai, Suidkus Walvisroete
Kormorant Apartment"Dis 'n rustige plek met vriendelike mense. Daar is wandelpaaitjies al langs die see in Franskraal en orals bankies om op te sit. Skoon en netjiese dorp."
Kleinmond, Suidkus Walvisroete
Picollo Bocca Villa"Kleinmond is baie rustig en die natuur is wonderlik. Goeie rus vir jou siel en goed vir een se gemoed."
Kleinmond, Suidkus Walvisroete
'Die Rotse' Host House"Dit is 'n lieflike plek waar mens nog vrylik kan asemhaal. Die see se water is natuurlik yskoud, maar die uitsig as jy op die strand is maak op vir die koue water! Ons het 'n paar keer by verskillende restaurante geëet wat baie lekker was. Van die plekke by die hawe se kombuise maak 20:30 al toe (ek dink dis vroeg vir die Kaap waar dit eers 20:00 donker is!) en dis jammer dat daar nie meer van die omgewing se wyne op die spyskaarte is nie. Kleinmond is 'n plek vir ontspan!"
Kleinmond, Suidkus Walvisroete
La Mer"Municipality could do with a cleanup in the harbour area, the rubbish is unbelievable. "
Kleinbaai, Suidkus Walvisroete
Pik 'n Wyntjie Self Catering Apartment"Ek het buite spitsseisoen gereis en dit was heerlik stil en kalmerend in Kleinbaai."
De Kelders, Suidkus Walvisroete
Blougans B&B"Ons het bietjie gaan verken in De Kelders. Ongelooflik mooi!"
Sandbaai , Suidkus Walvisroete
Sandbaai Country House"Die mooi straatnaambordjies en oulike wandelroete voor ons oornagplek het ons beïndruk. Die walvis wat ons van die ontbyttafel kon sien was 'n bonus!"
Kleinmond, Suidkus Walvisroete
Berg en See"Kleinmond is vir ons 'n topbestemming. Mens het nog die gevoel van klein dorpie by die see. Verkeer is minimaal...en die hawe bied lekker kuierplek. Kinders geniet die strandmeer bydie hoofstrand en mens gaan kruip weg ir die wind by Palmiet, waar jy kan swem...roei...braai en die wind los jou uit! Walvisse gesien op ons trippie in Oktober..."
"Perfect setting, enjoyed the walk along the beach and the friendly people."
Sandbaai , Suidkus Walvisroete
Sandbaai Country House"Sanbaai is 'n heerlike en rustige vakansieplekkie naby aan die strand en als wat jy nodig het. Een van ons land se weelde."
Kleinmond, Suidkus Walvisroete
La Mer"Alles wat n mens nodig het is daar, asook interessante winkeltjies, en dit is so geleë dat 'n mens nog die omliggende omgewings ook kan geniet. "
Kleinbaai, Suidkus Walvisroete
Aire del Mar Guesthouse"Ek was aangenaam verras met hoe groot die plek geword het vergeleke met 20 jaar gelede. Verder was ek verstom oor die aantal operateurs wat mense uitneem om na die haaie te gaan kyk. Ek dink min mense weet hoe groot die bedryf is by Kleinbaai."
"Pragtige toeriste bestemming. Veilig en rustig. Naby genoeg om Hermanus en omgewing te verken. "
Sandbaai , Suidkus Walvisroete
Sandbaai Country House"Goed geleë, baie naby Hermanus en Gansbaai waar ons baie walvisse gesien het! Nie te ver vanaf Kaapstad nie."
De Kelders, Suidkus Walvisroete
Whalescape"Baie mooi omgewing. Heelwat om te doen. Ons het selfs een middag Kaap Agulhas toe gery. Gansbaai, Stanford en Hermanus is ook naby."
De Kelders, Suidkus Walvisroete
Seaview Apartment"Hul rol die strate op op 'n Sondagmiddag/aand...geen behoorlike eetplekke nie. Maar die see en omgewing is pragtig, en die dorpie prentjiemooi..."