Geverifieerde Resensie
South Coast Whale Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in South Coast Whale Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1224 resensies.
Kleinmond, Suidkus Walvisroete
Villa Chad Luxury Guesthouse"Die mooiste dorpie ooit en dierbare mense! Sou net graag nog restaurant opsies wou gehad het. Ons het so 19:30 by die dorp aangekom en slegs een plekkie was oop."
Bettysbaai, Suidkus Walvisroete
Lazy Ways Cottage"Die botaniese tuin is 'n moet sien, stap gerus na die waterfal toe - dis ongelooflik mooi."
Kleinmond, Suidkus Walvisroete
Uiteindelik"Ons was in 'n straat waar daar 'n paar gallerye, restaurante en ook winkels was. Ons het daar rond gestap en dit was "very nice". Ons het toe daar by Fishermans Take-Aways iets gaan eet en die vis was vars en heerlik!"
De Kelders, Suidkus Walvisroete
Whalescape"Rustige atmosfeer en gerieflik naby Gansbaai vir nodige aankope. Ideale bestemming vir stadsjapies wat wil wegkom van die stad se gewoel en lawaai. Sal definitief weer besoek."
Kleinmond, Suidkus Walvisroete
Bietou"Oulike dorp waar ons kleintyd vakansie gehou het. Besig oor die naweke en vakansiedae wat seker nie in almal se smaak sal wees nie."
Bettysbaai, Suidkus Walvisroete
Fijnbos Manor"Die Porter tuin 'n moet om te besoek , aanbeveel deur Phabion by Fijnbos Lodge en Spa."
Kleinmond, Suidkus Walvisroete
Kleinmond Panorama Holidays"Baie mooi dorpie teen 'n pragtige kus. Baie vriendelike en aangename inwoners. Tennis-, rolbaan- en jukskeibane. Baie baby aan ander kusdorpies."
"Pragtige omgewing. Dit was vir ons lekker dat dit net so 'n entjie uit die besige gedeelte van Hermanus is. Dit is opvallend hoe skoon die dorp is. Sal beslis weer hier wil vakansie hou."
Sandbaai , Suidkus Walvisroete
Sandbaai Woonstel"Lekker sentraal en met die nuwe mall so naby hoef mens nie eens ver te ry vir jou daaglikse inkopies nie."
Bettysbaai, Suidkus Walvisroete
Heaven's Door"Will definitely be back with the family and/or friends."
Franskraal, Suidkus Walvisroete
Kormorant Apartment"Ons sal Franskraal oorweeg vir aftrede. Groeneweide en Kuslangs se kos was absoluut heerlik en waarde vir geld. 'n Koffie winkel met 'n uitsig oor die see en ligte middagetes daar sal absoluut heerlik wees."
Bettysbaai, Suidkus Walvisroete
Lazy Ways Cottage"Bettysbaai het 'n pragtige Botaniesetuin met staproetes, 'n massiewe duin, lang kus wandelweë en is heerlik stil. Beslis 'n besoek werd."
Pringlebaai, Suidkus Walvisroete
Tranquility Heights"Pragtige kusdorpie. Ons het heerlike garnale geëet by Hook Line and Sinker!"
"Rustigheid van 'n klein dorpie, maar naby genoeg aan die geriewe en voordele wat Hermanus bied."
Sandbaai , Suidkus Walvisroete
Sandbaai Country House"Ek sal enigeen aanbeveel om daar vakansie te gaan hou."
Kleinmond, Suidkus Walvisroete
Lekkerus"Die eetplekke maak vroeg toe en dit is duur. Die see is maklik bereikbaar."