Geverifieerde Resensie
South Coast Whale Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in South Coast Whale Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1116 resensies.
De Kelders, Suidkus Walvisroete
Whalescape"Lekker plattelands en nie te ver van geriewe af nie - baie om te sien in omgewing!"
Kleinmond, Suidkus Walvisroete
Lekkerus"'n Pragtige asemrowende plek. Die winkeltjies het sulke pragtige goedjies. Wat my opgeval het, is hoe mooi skoon die hele dorp is. "
Bettysbaai, Suidkus Walvisroete
Cyara"Bettiessbaai is asemrowend mooi. Ons het die uitstappie na die pikkewyne baie geniet. Sal verseker weer 'n draai in Bettiessbaai gaan maak."
Fisherhaven, Suidkus Walvisroete
Erf 473 Fisherhaven"We think Fishethaven is nearby Hermanus and other places. It is a lovely place to stay."
Silversands, Suidkus Walvisroete
Sol y Sombra"Very quite and reminds you how seaside towns used to look with gravel roads and all. Great fishing, mussels and friendly faces."
Sandbaai , Suidkus Walvisroete
Sandbaai Country House"Ideaal vir 'n rustige wegbreek en vir die wat lief is vir die natuur en stap."
Franskraal, Suidkus Walvisroete
Perriwinkle Self-catering Accommodation"Alles wat mens nodig het vir 'n naweek se wegbreek is daar, of naby genoeg. Mal oor Franskraal."
Kleinmond, Suidkus Walvisroete
Lekkerus"Pragtige wandelpaaie en 'n lieflike strand met vriendelike mense en 'n heerlike koffiewinkel: Opi Stoep!"
De Kelders, Suidkus Walvisroete
Kleinzee Oceanfront Guesthouse"'n Goeie restaurant in De Kelders sal 'n groot aanwins wees."
Kleinbaai, Suidkus Walvisroete
Aire del Mar Guesthouse"Redelik sentraal, naby Hermanus en Stanford."
Kleinbaai, Suidkus Walvisroete
Great White Accommodation"Good travel destination to get away from the crazy city life."
Kleinmond, Suidkus Walvisroete
Lekkerus"Kleinmond is 'n baie veilige omgewing met lae misdaad waarvan ons bewus is. Die infrastruktuur is in 'n goeie toestand en die kus bied baie vir die besoeker. Dit is sentraal geleë, maar sonder die gewoel van Hermanus of die Kaap. Dit het goeie verbindingsroetes na weste, ooste en noorde. 'n Winkelsentrum en vulstasie sorg vir die nodige koopbehoeftes."
De Kelders, Suidkus Walvisroete
Amazing Grace B&B"Pragtige kusdorp met baie hoekies en staproetes. So baie om te doen en naweek net te kort."
De Kelders, Suidkus Walvisroete
Royal Albatros"Lekker sentraal en vinnige toegang tot al die nodige winkels."
Sandbaai , Suidkus Walvisroete
Mafari Beach House"Baie lekker plek, weg van die chaos, maar naby om deel daarvan te word sou jy wou."
Franskraal, Suidkus Walvisroete
Leegle"Asemrowende rotspoele by die strand, dit is ongelooflik hoe die natuur nog bewaar is in die area. "
Bettysbaai, Suidkus Walvisroete
Cyara"Bettiesbaai bied asemrowende uitsigte oor die see en berge. Dit is die ideale bestemming vir mense wat hou van stiller plekke en die natuurskoon."
Kleinbaai, Suidkus Walvisroete
Great White Accommodation"Rustig en vreedsaam. Lekker plek vir Birding, stappies, draffies en fietsry!"
Sandbaai , Suidkus Walvisroete
Sandbaai Strandhuis"Sandbaai is naby Hermanus met sy woeligheid, restaurante, ens. vir die wat daarvan hou. Maar Sandbaai het ook 'n winkel naby met alles onder die son wat jy mag nodig kry. Lekker sementpaadjie teen die see vir stap, duikplek, swemplek. O ja, en walvisse in die baai!"
Franskraal, Suidkus Walvisroete
Kormorant Apartment"Franskraal is 'n oulike, rustige plek met baie om te sien en doen!"
Kleinmond, Suidkus Walvisroete
'Die Rotse' Host House"Dit was ons eerste maar gaan beslis weer. Lekker stappaadjies en natuur is pragtig."