Verified Reviews
South Coast Whale Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in South Coast Whale Route
Rated 4.6 out of 5 based on 1220 reviews.
Betty's Bay, South Coast Whale Route
Lazy Ways Cottage"Die botaniese tuin is 'n moet sien, stap gerus na die waterfal toe - dis ongelooflik mooi."
Kleinmond, South Coast Whale Route
Uiteindelik"Ons was in 'n straat waar daar 'n paar gallerye, restaurante en ook winkels was. Ons het daar rond gestap en dit was "very nice". Ons het toe daar by Fishermans Take-Aways iets gaan eet en die vis was vars en heerlik!"
De Kelders, South Coast Whale Route
Whalescape"Rustige atmosfeer en gerieflik naby Gansbaai vir nodige aankope. Ideale bestemming vir stadsjapies wat wil wegkom van die stad se gewoel en lawaai. Sal definitief weer besoek."
Kleinmond, South Coast Whale Route
Bietou"Oulike dorp waar ons kleintyd vakansie gehou het. Besig oor die naweke en vakansiedae wat seker nie in almal se smaak sal wees nie."
Betty's Bay, South Coast Whale Route
Fijnbos Manor"Die Porter tuin 'n moet om te besoek , aanbeveel deur Phabion by Fijnbos Lodge en Spa."
Kleinmond, South Coast Whale Route
Kleinmond Panorama Holidays"Baie mooi dorpie teen 'n pragtige kus. Baie vriendelike en aangename inwoners. Tennis-, rolbaan- en jukskeibane. Baie baby aan ander kusdorpies."
Voëlklip, South Coast Whale Route
Casa Del Mar 214"Pragtige omgewing. Dit was vir ons lekker dat dit net so 'n entjie uit die besige gedeelte van Hermanus is. Dit is opvallend hoe skoon die dorp is. Sal beslis weer hier wil vakansie hou."
Sandbaai , South Coast Whale Route
Sandbaai Woonstel"Lekker sentraal en met die nuwe mall so naby hoef mens nie eens ver te ry vir jou daaglikse inkopies nie."
Betty's Bay, South Coast Whale Route
Heaven's Door"Will definitely be back with the family and/or friends."
Franskraal, South Coast Whale Route
Kormorant Apartment"Ons sal Franskraal oorweeg vir aftrede. Groeneweide en Kuslangs se kos was absoluut heerlik en waarde vir geld. 'n Koffie winkel met 'n uitsig oor die see en ligte middagetes daar sal absoluut heerlik wees."
Betty's Bay, South Coast Whale Route
Lazy Ways Cottage"Bettysbaai het 'n pragtige Botaniesetuin met staproetes, 'n massiewe duin, lang kus wandelweë en is heerlik stil. Beslis 'n besoek werd."
Pringle Bay, South Coast Whale Route
Tranquility Heights"Pragtige kusdorpie. Ons het heerlike garnale geëet by Hook Line and Sinker!"
Sandbaai , South Coast Whale Route
Sandbaai Woonstel"Mooi, skilderagtige dorp met vriendelike mense!"
Sandbaai , South Coast Whale Route
Sandbaai Country House"Ek sal enigeen aanbeveel om daar vakansie te gaan hou."
Kleinmond, South Coast Whale Route
Lekkerus"Die eetplekke maak vroeg toe en dit is duur. Die see is maklik bereikbaar."
Onrus, South Coast Whale Route
Strandloper Self Catering Units"Rustige dorp met lieflike wandelpaadjies langs die see."
Kleinmond, South Coast Whale Route
Seaside Historical Cottage"Kleinmond is 'n tipiese kusdorpie en vir ons (ouer mense) was dit voldoende,maar vir die jonger geslag was dit soms bietjie vervelig. Ek sou dit nie wil verander nie, want dan verander 'n mens die karakter van die dorpie."
Onrus, South Coast Whale Route
Festina Lente in Onrus"Onrus het alle produkte - vars of wat ook al nodig is. Die plaaslike apteek langs OK was besonder vriendelik en behulpsaam en is uitstekend toegerus."