Geverifieerde Resensie
Drakensberg, South Africa
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Drakensberg, South Africa bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 4382 resensies.
Champagne Vallei, Drakensberge, Suid-Afrika
The Bell @ Fernwood"Prentjie-mooi en regtig 'n lekker bestemming!"
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
V'Kansi Khaya"Bly maar die juweel van al die naweekwegbreke vir Johannesburgers!"
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Clarens Lakeview Cottage"Dit is die Mekka van die Oos-Vrystaat. Met so ’n geweldige inkomste oor naweke kan die stadsraad darem net die hoofstraat weer opknap."
Champagne Vallei, Drakensberge, Suid-Afrika
12 Mount Champagne"Pragtige omgewing met alles wat nodig is om die tyd daar te geniet."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Die Kruik"Lewendige vakansie-dorpie oor naweke - soos Parys, Dulstroom en in 'n sekere sin, Cullinan. Baie aangename eetplekke. Mooi omgewing. Oos-Vrystaatse sekondêre paaie meestal 'n nagmerrie."
Ladybrand, Drakensberge, Suid-Afrika
Ladybrand Heritage House"Lovely little town. Excellent dinner at Cranberry Cottage."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Clarens Retreat"Daar kort net perdekarre. Sal parkeerterrein aanbeveel vir naweke. 10/10. Dit bly 'n pragtige dorpie en omgewing."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
V'Kansi Khaya"Die Golden Gate is 'n groot aanwins vir die dorp. Dit is 'n pragtige omgewing. 'n Mens kan God se hand in alles sien daar."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Golden View Luxury Self-Catering"Die herfskleure het dit nog meer van 'n juweel gemaak as gewoonlik. Die mense is vriendelik en behulpsaam. 'n Plek om jou longe en jou kop skoon te maak. God se Skepping op sy beste."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
RiverWalk Guest House"Sommige winkels het geen kameras toegelaat, sou nice wees om mense by die huis te wys waarvan ons gepraat het, maar verder awesome."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Cottage Pie"It was a bit disappointing that a lot of the shops were closing at around 16:00 on a Saturday."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Mont Rouge"Absolute beauty. This is a must see in South Africa."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Fairview Cottages"Bo en behalwe die winkels in die dorp, moet die omgewing beter bemark word. Daar is b.v. 'n lekker fietsryroete na Fouriesburg, 'n staproete na die dam in die kloof, die uitlaat van die hoogland waterskema op pad na Bethlehem, kaas en ander plase in die omgewing, ens. Die ronddrentelende bedelende persone voor die winkels en in die strate het my geïrriteer en daar kan gerus 'n plan gemaak word om die atmosfeer 'n bietjie te verbeter deur die hulle te laat verwyder."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Rosewood Corner"Dit is 'n lieflike dorpie met baie om te doen en te sien, en heerlike eetplekke."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Knock Out View"Clarens is 'n pragtige dorpie, maar soos baie ander kleiner dorpe, is die munisipale agteruitgang ook duidelik hier te sien, b.v. al die slaggate in die dorp se hoofstraat."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
La Bri"'n Fees van 'n plek. Dit was verrassend lekker dat meeste mense Afrikaans gepraat het! En die omgewing is pragtig!"
Noordelike Drakensberge, Drakensberge, Suid-Afrika
Mont-Aux-Sources Hotel"Die ligging is baie goed en die uitsig uitstekend. Baie te doen vir die jonger geslag. Die pad na die hotel is wel teerpad maar vol erge slaggate."
Clarens, Drakensberge, Suid-Afrika
Periwinkle Blue"Kyk, Clarens is geensins goedkoop nie. Maar die plek klim in 'n mens se hart en ons hou baie daarvan. "