Geverifieerde Resensie
Still Bay West
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Still Bay West bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 70 resensies.
"Dit is lastig dat die enigste twee kruideniers winkels om 18:00 toemaak - inteendeel personeel by beide was alreeds om 17:45 nie gretig om van hulp te wees nie. As 'n besoeker dus saans eers rondom hierdie tyd daar aankom - sorg dat u reeds u aankopies gedoen het! Het bogenoemde 4 aande in 'n ry ervaar."
"Voel veilig, geen bedelaars of mense wat doelloos op straat is nie. Dorp is die skoonste en netjiesste wat ek nog gesien het. Stilbaai se Burgemeester, Munisipaliteit en bestuur ─ ander kan by julle kom leer. "
"Liefdevolle, vreedsame, rustige plek. Dorp is baie netjies en al sy mensies so vriendelik."
"Still Bay is an awesome destination. Clean neat and safe. Beaches are beautiful and clean. Surf is excellent."
"Baie mooi dorpie, redelik baie om te doen, net bietjie ver van die strand af."
"Ons verkies Stilbaai-Wes. Lieflike strand en baie dekor winkeltjies en eetplekke naby."
"Wou vars vis eet, maar 2 gewildste vis eetplekke kon/wou nie help nie. Wat van "Jy kan solank ietsie bestel om te drink en wag vir die volgende tafel om oop te gaan" Dink hul kan hul kliëntediens opknap, maar sal nie almal oor dieselfde kam skeer nie, het heerlike pizza gekoop by 'n baie vriendelike man naby Spar, ten spyte van 'n besige dag was hy steeds vriendelik."
"Daar is net een toegang tot die dorp. Die verkeer is `n probleem in vakansietye, maar dis heerlik by ons akkommodasie gewees."